Philander-drama binnekort op die planke
Philander-drama binnekort op die planke

Philander-drama binnekort op die planke

Yandi Du Plessis
Die nuutste kontemporêre sosiopolitieke eenmantoneelstuk deur Committed Artists of Namibia, die oudste gemeenskapsteatergroep in die land (sedert 1979), word op 23 en 24 April by die Theatre School in Windhoek opgevoer.

Die tweetalige toneelstuk, Pandemic Effekte and Defects, is geskryf, geregisseer en vervaardig deur die internasionaal erkende Namibiese dramaturg, Frederick B. Philander. Hy tree ook in die toneelstuk op.

Die drama beeld die lewe van 'n bejaarde man uit, wat in isolasie onder selfkwarantyn in 'n vervalle plakkerskamp woon en hoe hy die coronavirus met tradisionele medisyne en met die hulp van God oorkom.

Dit is die vyfde sosiopolitieke eenmantoneelstuk uit Philander se pen. Hy is in 1996 in New York bekroon vir sy radiodrama King of the Dump, wat deur die BBC opgeneem is en 120 miljoen van sy Afrika-luisteraars bereik het.

Die vier toneelstukke is gedeeltelik geborg deur die Namibiese Kunsteraad (NACN), die College of the Arts (Cota) en Compass Printing and Copy Centre en Take Note.

Vier ander bekroonde eenmantoneelstukke deur dieselfde dramaturg, sluit in The Railway Man (waarmee hy in 1997 na 11 Britse universiteite getoer het), Will of a Die-hard Soldier (suksesvol opgevoer in België en op die Grahamstown Arts Festival), The Teacher (wat die swakhede van die Namibiese onderwysstelsel uitbeeld) en The Street Vendor, 'n eenvroutoneelstuk wat handel oor politieke teistering en ekonomiese oorlewing ná onafhanklikwording.

Philander se kritiese toneelstuk I am NOT corrupt…! is 'n onthullende hofdrama waarin die voormalige minister van onderwys, Katrina Hanse-Himarwa, in die Namibiese hoërhof skuldig bevind word op klagte van korrupsie. Die toneelstuk is gekies om in die Nasionale Teater (NTN) opgevoer te word.

Weens Covid-19-regulasies is net 'n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.

Vir meer inligting, kontak Frederick Philander by 081 717 2406.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!