Pick n Pay-aandele daal skerp
Die winkelgroep Pick n Pay se aandeelprys het in 'n stadium Maandag met sowat 4% gedaal nadat hy sy opgedateerde handelsoorsig vir die halfjaar tot einde Augustus uitgereik het.
Dit toon die verwagte impak van die vrywillige skeidingspakkette wat aan personeel in die halfjaar aangebied is, gaan 'n groter impak op sy winsgewendheid hê as wat einde Julie in 'n handelsoorsig gesê is.
Ingesluit die skeidingspakkette word verwag sy wesensverdienste per aandeel kan met tussen 20% en 25% daal.
Einde Julie is gesê dit gaan na raming met 20% daal.
Pick n Pay het sy poste met ongeveer 10% gesny.
Richard Brasher, uitvoerende hoof van Pick n Pay, sê dit is deel van 'n aantal stappe wat die groep geneem het om sy omkeerproses in 'n moeilike verbruikersomgewing te versnel.
Hy sê die vrywillige skeidingspakkette was 'n belangrike stap om die onderneming te moderniseer en koste te verminder.
Die Smart Shopper-lojaliteitsprogram is ook gemoderniseer en die winkelgroep se verspreiding is verder gesentraliseer.
“In moeilike tye soek verbruikers na beter waarde. Hierdie stappe was noodsaaklik om laer pryse deur te gee.
“Dit gaan 'n eenmalige koste wees wat 'n impak op ons eerste helfte se resultate het. Die koste sal egter ten volle verhaal word in die boekjaar deur die gevolglike besparing op personeelkoste.”
Uitgesluit die impak van die skeidingspakkette word verwag sy wins gaan met 'n dubbelsyfer van tussen 10% en 15% styg.
Brasher sê dit is bemoedigend en die omkeerplan toon resultate.
Pick n Pay se omset het in die halfjaar met 5,1% gestyg.
“Dit weerspieël die moeilike handelstoestande en die belegging wat gedoen moes word om laer pryse aan verbruikers deur te gee,” sê Brasher.
Dit is 'n verwysing na winsmarges wat ingeboet is om pryse nie te vinnig te laat styg nie.
Die groep het verkoopprysinflasie op 3,6% beperk, wat heelwat onder die verbruikersprysinflasie van 6,9% is soos gemeet deur Statistieke Suid-Afrika oor dieselfde tydperk.
Pick n Pay se aandeelprys het die dag 1,8% laer op R56,57 gesluit.
Sy resultate vir die halfjaar word op 17 Oktober uitgereik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie