Pienk knewel kon joune wees - vir US$21 miljoen
Gekleurde diamante, spesifiek pienk en blou knewels, het geskitter op Sotheby''s se onlangse veiling van juweliersware in Genève in Switserland en verkope van altesame US$311,5 miljoen gerealiseer.
Dit was die hoogste opbrengs nóg vir ''n veiling van juweliersware in Switserland.
“Vanjaar was ''n fenomenale jaar vir die verkope van juweliersware en dié veiling het die momentum voortgesit van Sotheby''s se rekordverkope in Mei vanjaar,” sê David Bennett, wêreldwye voorsitter van Sotheby''s se internasionale juweliersware-afdeling.
Voor in die koor op die veiling was ''n asembenewende ring met ''n pienk 17,07 karaat diamant in ''n klassieke smaragsnit, wat vir US$20 778 352 verkoop is. Dit kom neer op US$1 229 720 per karaat.
''n Intens pienk gleslose diamant van 13,20 karaat het die naasbeste prys van US$16 232 308 behaal.
Die twee lotte is albei deur Graff Diamonds gekoop.
Die ongewone skaars Sky Blue-diamant van 8,01 karaat het vir US$17 074 168 verkoop, 30% meer as die US$12,8 miljoen wat dit in 2012 op ''n Sotheby''s-veiling gehaal het.
Die afgelope twee jaar het Sotheby''s twee keer ''n wêreldrekord veilingsprys vir ''n blou diamant behaal.
Die mees onlangse rekord was die Blue Moon of Josephine, wat in 2015 vir US$48,5 miljoen verkoop het, ''n astronomiese US$4 miljoen per karaat. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie