Pierneef in vervoering oor Namibië
Die internasionale veilingshuis Strauss & Co het bekend gemaak dat meer as 60 kunswerke in verskillende media, waaronder skilderye, tekeninge en waterverf, sowel as al die klassieke boeke oor die kunstenaar Pierneef, in 'n regstreekse aanlyn veiling vanuit die maatskappy se kantoor in Johannesburg opgeveil gaan word.
Potensiële kopers, versamelaars en kunsfoendies kan via die Strauss & Co-webwerf by die veiling aansluit vanuit die veiligheid en gemak van hul eie huise, in Suider-Afrika én internasionaal.
Jacobus Hendrik (Henk) Pierneef is waarskynlik die mees geliefde en ikoniese skilder van die Suid-Afrikaanse landskap. Sy diep geneentheid jeens die grond, sy begrip vir balans en sy aanvoeling vir die dramatiese en monumentale, gee sy skilderye terselfdertyd 'n bekende en boeiende eienskap. Terwyl hy ontsaglike en asemrowende uitsigte, eensame plaashuise, argitektoniese wolkbreuke en ontroerende bosveldsilhouette uitgebeeld het, het sy werk nog altyd 'n emosionele snaar by sy mede-Suid-Afrikaners geroer.
Terwyl hy in 1921 in Stellenbosch was, het Pierneef die Duits gebore skilder Hans Aschenborn ontmoet. Aschenborn het hom in 1909 in Namibië (destyds Suidwes-Afrika) gevestig, en hy het Pierneef – wie se werk hy baie bewonder het – aangemoedig om sy aangenome land te besoek en dit te skilder. Beskrywings van die land, veral deur die skrywers Toon van den Heever en P. Bruchhausen, het ook die kunstenaar se belangstelling geprikkel.
Pierneef het in April 1923 in Namibië aangekom en aanvanklik by Van den Heever tuisgegaan. Hy is onmiddellik deur die eindelose horisonne, die stilte, die helderheid en die kleure van die landskap betower. Hy het die land platgereis en oor 'n tydperk van agt weke genoeg kunswerke geskep om 'n gesogte uitstalling in Windhoek aan te bied, wat op 20 Junie 1923 geopen het. Die meeste skilderye was nie baie groot nie – sy skilder-“reiskissie” kon slegs klein skilderborde hou. Meeste van dié skilderye is gekenmerk deur ryk, donker en dramatiese pienke. Okahandja was een van Pierneef se gunstelingplekke om te skilder. Hy het verskeie tonele in dié omgewing uitgebeeld.
Die kunstenaar se skilderye van Namibië het 'n byna “elektriese gloed”. Hy was beslis opgewonde oor die verskuiwing van kleure en patrone oor die landskap terwyl die son oor 'n helder, uitgestrekte lug skyn.
“Dit is 'n pragtige land,” het Pierneef destyds gesê, “die woestyn, die droogte, die eienaardige deursigtige kwaliteit van die lig.”
Die oppervlaktes wat hy geskilder het, was vol uitdrukking en dikwels kalligrafies, 'n eienskap wat hy gedeel het met Adolph Jentsch – 'n ander skilder wie se naam sinoniem met dié land was – wat in 1938 in Namibië aangekom het, 15 jaar ná Pierneef se eerste besoek.
Pierneef het in 1924 na Namibië teruggekeer en tyd in Usakos deurgebring. Gedurende daardie September en Oktober het hy 'n indrukwekkende versameling dinamiese tekeninge en waterverf-skilderye geskep wat as bewys dien van die kunstenaar se noukeurige waarneming van die natuur, asook sy voorkeur vir gewaagde komposisies.
Die aanlyn veiling begin eerskomende Maandag om 18:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie