Pierneef se kunswerk hoogtepunt op veiling
Pierneef se kunswerk hoogtepunt op veiling

Pierneef se kunswerk hoogtepunt op veiling

Die bekende kunstenaar JH Pierneef se Die wolk gaan die hoogtepunt wees op Bernardi Auctioneers se veiling van kuns, boeke en versamelaarsitems wat in Mei in Pretoria gehou gaan word.

Die groot olie-op-doek-landskapwerk met sy tipiese indrukwekkende stapelwolk is in 1920 geskilder en Pierneef het dit aan 'n goeie vriend geskenk.

Volgens Bernardi Auctioneers kan die werk die aandag van kunsversamelaars, sowel as landskapgeesdriftiges lok.

“In die skildery illustreer Pierneef sy verwantskap en gemeensaamheid met die natuur, wat hier in sy tipiese impasto-styl en kleure uitgebeeld word,” skryf PG Nel in sy boek, JH Pierneef: sy lewe en werk.

Kunswerke deur onder andere Walter Battiss, Gregoire Boonzaier, Adriaan Boshoff, Gabriël de Jongh, Maud Sumner en Gordon Vorster kom ook onder die hamer, asook beeldhouwerke van Arend Eloff, Sydney Kumalo, Hennie Potgieter en Joseph Muzondo.

Die kunsverwysingsboeke sluit in 'n paar skaars Walter Battiss-boeke en ook getekende William Kentridge-eksemplare. 'n Klein versameling ­Africana sal ook versamelaars se belangstelling prikkel.

Die veiling word op 6 Mei om 10:00 by ­Bernardi se perseel in Pretoria gehou. Besigtiging vind op 3 Mei tussen 10:00 en 17:00 plaas. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!