Pierneef se Namibiese landskappe onder die hamer

Yandi Du Plessis
Die internasionale veilingshuis Strauss & Co bied tans 'n regstreekse aanlyn veiling aan waarin meer as 60 kunswerke in verskillende media, waaronder skilderye, tekeninge en waterverf, sowel as al die klassieke boeke oor die kunstenaar Pierneef, opgeveil word.

Die veiling het gisteraand om 18:00 begin.

Onder dié versameling is vyf kunswerke wat tydens die geliefde en ikoniese skilder se reise deur Namibië geskilder is.

Pierneef het Namibië vir die eerste keer in April 1923 besoek en is onmiddellik deur die eindelose horisonne, die stilte, die helderheid en die kleure van die landskap betower. Hy het die land oor agt weke platgereis en 'n gesogte versameling geskep wat op 20 Junie 1923 in Windhoek uitgestal is.

Meeste van dié skilderye is gekenmerk deur ryk, donker en dramatiese pienke. Okahandja was een van Pierneef se gunstelingplekke om te skilder. Hy het weer in 1924 na Namibië teruggekeer en tyd in Usakos deurgebring.

Die kunstenaar se skilderye van Namibië het 'n byna “elektriese gloed”. Hy is geboei deur die ­verskuiwing van kleure en patrone oor die landskap terwyl die son oor 'n helder, uitgestrekte lug skyn. Die oppervlaktes wat hy geskilder het, was vol uitdrukking en dikwels kalligrafies.

“Dit is 'n pragtige land,” het Pierneef destyds gesê, “die woestyn, die droogte, die eienaardige deursigtige kwaliteit van die lig.”

Dié twee kunswerke, getiteld “Erongo Mountains (South West Africa)” en “Silent Sentinels, Omatako, SWA” word onderskeidelik teen minimum pryse van N$300 000 en N$400 000 opgeveil.

Foto's verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!