Piesang-Nutella-rolletjies
Dié poeding is redelik maklik om te maak. Dit word nie gebak nie, net in vlak olie gebraai, dus het die braaier beter beheer oor die eindresultaat.
Jy benodig:
1 gesnyde witbrood
4 piesangs, in 20 repe gesny (die lengte van ’n sny brood)
1 potjie (180 g) Nutella-sjokoladesmeer
4 eiers, geklits
30 ml melk
250 ml versiersuiker
250 ml bruismeelolie vir braaistrooisuiker vir versiering
250 ml room, styf geklits
Só maak ’n mens:
1. Sny die korsies van die brood af en rol die snye plat met ’n koekroller.
2. Smeer Nutella op elke sny. Plaas ’n reep piesang op elke gesmeerde sny en rol styf op soos vir ’n rolkoek.
3. Plaas die eier en melk in ’n plat bak en meng die versiersuiker en meel in ’n aparte bak. Doop die broodrolletjies eers in die eiermengsel en dan in die versiersuikermengsel.
4. Verhit olie vir vlakbraai in ’n platboompot oor matige kole en braai die broodrolletjies tot goudbruin rondom.
5. Rol die rolletjies in strooisuiker en sit voor met geklopte room. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie