Pieter Naude saam met Ruan en Franja in Namibië
Elvira Hattingh – Pieter Naude, Juanita du Plessis se broer, en haar kinders Franja en Ruan, bring van môre tot Saterdag 8 Augustus verskeie konserte in Namibië op die planke. Die drie musikante begin môre in Walvisbaai ten bate van die Kidz Haven Shelter (Belinda 081 127 6586) konsert hou, gevolg deur ? optrede by Privaatskool Moria in Outjo (Corrie 081 284 0055) op Saterdag 1 Augustus. Dit word gevolg met 'n optrede by Otjiwarongo Hoërskool (Deon 081 128 3867) op Maandag 3 Augustus. Op 5 Augustus is hulle by die Ondangwa Sportsbar (Heila 081 550 0407), gevolg deur ? konsert op 6 Augustus by Primêre skool Wilhelm Nortier in Grootfontein (Suret 081 255 4552). Vrydag 7 Augustus tree hulle by WHS op (Suzette 081 149 2858) en dan bied hulle ? finale konsert in die Rehoboth Gemeenskapsaal aan (Dennis 081 148 0377).
Lees in volgende week se Kollig waarin Pieter, Franja en Ruan vertel hoe opgewonde hulle is om vir die eerste keer saam in Namibië te toer en weer ? besoek aan hul “geboorteland” af te lê. Ruan en Franja gesels oor hul toekomsplanne en hoe dit voel om so ? bekende ma soos Juanita te hê. Pieter vertel van sy grootwordjare in Windhoek en dat hy steeds nêrens anders as in Hentiesbaai vakansie hou nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie