Pinehas word weermagbaas
Pinehas word weermagbaas

Pinehas word weermagbaas

Denver Kisting


Die waarnemende hoof van die Namibiese weermag (NDF), adjunkmaarskalk Martin Pinehas (foto), sal die NDF voortaan lei.

Dr. Alfredo Hengari, pres. Hage Geingob se woordvoerder, sê die staatshoof het in sy hoedanigheid as bevelvoerder van die NDF vir Pinehas tot maarskalk bevorder en hom as weermaghoof aangestel.

Dié aanstelling is van môre af van krag.

Hengari sê Pinehas sal verantwoordelik vir optrede teen weermaglede wees wat hulle aan wangedrag skuldig maak en verseker dié lede word ondersoek en vervolg.

Pinehas sal ook moet toesien dat openbare hulpbronne onder sy toesig doeltreffend bestuur word en verantwoording daaroor doen, sê Hengari.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!