Pioneer, Heinz kry groen lig van tribunaal
Pioneer, Heinz kry groen lig van tribunaal

Pioneer, Heinz kry groen lig van tribunaal

Vida Booysen - Die voedselvervaardiger Pioneer Foods se verkryging van die res van Heinz Foods Suid Afrika (HFSA) is voorwaardelik deur die Mededingingstribunaal goedgekeur.

HFSA is 'n gesamentlike vennoot­skap tussen Pioneer Foods en Heinz South Africa, 'n filiaal van Kraft Heinz van die VSA. HFSA bemark die Heinz-reeks se tamatiesous, sop, noedels, geblikte sousbone, asook Wellingtons se reeks souse, John West se geblikte vis en die Mama's-produkte wat pasteie en bevrore maaltye insluit.

Die transaksie waarvolgens HFSA 'n volfiliaal van Pioneer Foods word, is in November 2017 aangekondig, onderhewig aan goedkeuring deur die Mededingingstribunaal. Voorheen het Pioneer Foods 'n belang van 49,9% in HFSA besit.

Die Mededingingstribunaal sê in 'n verklaring die verkryging word goedgekeur op voorwaarde dat afleggings weens die samesmelting vir 'n tydperk van twee jaar tot 'n maksimum van net 27 werknemers beperk word.

Die werknemers wat afgelê word, moet geskoolde of halfgeskoolde werkers wees en mag nie werkers insluit wie se hoogste formele opleiding graad 12 of laer is nie.

Geen werknemers wat geraak word, mag vir 'n tydperk van ses maande ná die transaksie in werking gestel is, afgelê word nie. Die werkers wat geraak word, moet ook in die daaropvolgende jaar die kans gegun word om vir ander geskikte vakante poste in die groep aansoek te doen.

Volgens die Mededingingstribunaal se verklaring beoog Pioneer Foods en Kraft Heinz om 'n ooreenkoms te sluit waarvolgens Pioneer Foods 'n lisensie kry om Heinz-tamatiesous te vervaardig en te versprei. Dit word op die oomblik deur Heinz self gedoen.

Tien werknemers is betrokke by die lisensiëring- en vervaardigingsooreenkoms by HFSA. Dié werknemers, wat as fabriekswerkers geklassifiseer is, sal na Pioneer Foods oorgedra word.

Pioneer moet ook die ongeskoolde werkers van Heinz se tamatiesousbedrywighede in Worcester, Wellington en Malmesbury vir 'n tydperk van 12 maande in diens hou ná die beëindiging van die lisensie- en vervaardigingsooreenkoms. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!