Piramideskema: Trio skuldig op 512 klagte
Drie Oranjemunders is daaraan skuldig bevind dat hulle beleggers om die bos gelei en uit miljoene gekul het.
Ronelle Rademeyer
Die bedrog-trio van Oranjemund wat van 2004 tot 2006 'n piramideskema bedryf het waarin beleggers sowat N$11,5 miljoen verloor het, se doppie is geklink.
Regter Alfred Siboleka het Charles van Rensburg en die egpaar Melanie en Jeremia van Niekerk Dinsdag in die hoërhof in Windhoek op 512 klagte skuldig bevind.
Daarvan was 256 vir bedrog, alternatiewelik diefstal, 255 was klagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Bankinstellings van 1998 en een vir die oortreding van die Wet op Beslote Korporasies van 1998.
Die misdrywe is gepleeg deur middel van hul onderneming West Coast Financial Aid (WCFA) waarin Van Rensburg en Jeremia van Niekerk elkeen 'n 50%-aandeel gehad het. Melanie van Niekerk was die hoofbeampte van WCFA.
Die Van Niekerks en Van Rensburg het kontantdeposito's van lede van die publiek gewerf met die belofte van buitengewoon hoë opbrengste van tussen 7% en 15% per maand. Die beleggers is meegedeel die geld wat hulle belê het, word gegee aan mense wat geld by WCFA leen en dat hulle 'n opbrengs op hul belegging sal ontvang uit rente op dié lenings.
Die trio was nie veronderstel om kontantdeposito's van die publiek te ontvang nie aangesien hulle nie 'n gelisensieerde bankinstelling was nie.
Siboleka het in sy uitspraak gesê die drie beskuldigdes se piramide-beleggingskema is noukeurig beplan om beleggers uit hul swaarverdiende geld te kul. “Die beleggers is ook noukeurig bedrieg met beloftes van hoë beleggingsopbrengste,” het hy gesê.
Die trio het die onderneming tussen Februarie 2004 en Augustus 2006 vanuit die Van Niekerks se huis in 13de Laan op Oranjemund bedryf.
Hulle met die aanvang van die verhoor op 4 Februarie 2015 skuld op al die klagte teen hulle ontken.
Siboleka het in sy uitspraak toegegee dat anders as in die geval van die Van Niekerks, daar nooit direkte inbetalings van beleggersgeld in Van der Merwe se bankrekening gemaak is nie. Hy het egter bevind dat hulle met 'n gemeenskaplike doel en as 'n span saam die onderneming bedryf het.
Die drie se borgtog van N$50 000 is ná hul skuldigbevinding teruggetrek en hulle moet nou in aanhouding op hul volgende hofverskyning wag. Dit is 4 Junie, wanneer getuienis ter strafversagting en -verswaring vir doeleindes van vonnisoplegging aangehoor sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie