Pirates en Kamikaze gee mekaar gas
Die topklubs in die land het mekaar laas naweek die stryd aangesê met die nasionale titels op die spel.
Iréne-Mari van der Walt - Die Namibiese Ys- en Rolskaatshokkievereniging (NIIHA) het oor die naweek sy nasionale kampioenskap by The Dome op Swakopmund gehou.
Die gasheerklub, Coastal Pirates, het die ope kategorie met sy twee spanne oorheers. Coastal Pirates Black was eerste in dié afdeling met Coastal Pirates Orange tweede. Derde op die podium was die Badgers van Windhoek.
Wim van der Plas (Coastal Pirates Black) is as die mees skeppende speler bekroon met 30 stukkies spel wat tot doele bygedra het.
Sy spanmaat, Ruben Bacher, was die beste doelwagter van die toernooi wat 93.29 persent suksesvol was met sy keerwerk voor die doelhok.
Dave Hammond, Coastal Pirates Black, dra by tot Pirates se oorheersing in die ope kategorie deurdat hy as die mees akkurate skerpskutter voor die doelhok aangewys is.
Die vroue het ook nie die Coastal Pirates se naam in die steek gelaat nie. Die wenspan Coastal Pirates Black het goud in die vrouekategorie gekry en onder die individuele pryse was Christine Röttcher die voorste doelskieter en Corinna Weimann het tot die meeste doele bygedra, terwyl Bridgit-Kirstin Justinussen as die nommer een doelwagter bekroon is.
In die senior kategorie het Kamikaze egter nie toegelaat dat die Coastal Pirates hulle skrik op die lyf jaag nie. Coastal Pirates moes hier inderdaad met die derde eindposisie tevrede wees, met beide Kamikaze (goud) en die Badgers (silwer) wat hulle uitgestof het.
Kamikaze het die senior groep se drie mees skeppene spelers opgelewer met Luke Stanatiadis (7), Raymond Sisson (5) en Quintin Kotze (5) wat tot die meeste doele bygedra het. Nogtans was Sven Pajewski van Coastal Pirates 'n groot faktor met 13 doele (die meeste) en 'n rol in ses van sy spanmaats se doele.
In die o.18-afdeling het Coastal Pirates met 'n goue medalje vir die span en die topdrie doelskieters koning gekraai. Wim van der Plas (14 doele), Amandus Röttcher (12) en Max Finkeldey (11) was almal dodelik voor die doelhok. Boonop is hul spanmaat Ruben Bacher aangewys as die beste doelwagter met 'n puik 93.33% sukseskoers teen die opposisie se aanvalle.
Coastal Pirates beklink die goue medaljes in die o.16A, o.14A en o.12-kategorieë. Die Scorpions, van Otjiwarongo, het ook sterk meegeding en is einde ten laaste met goud in die o.12B- en die o.10A-klasse beloon.
Cazadores was ook deurgaans in die topdrie van die junior ouderdomsklasse, met vyf silwermedaljes en een brons.
Hanjo Zimny is aangewys as die NIIHA se skeidsregter van die jaar, met Amandus Röttcher en Seon Liechti as die twee skeidsregters wat die meeste verbeter het.
The Dome Swakopmund sal aan die einde van November die gasheer wees vir die NIIHA se nasionale proewe waar die Namibiese rolskaatshokkiespan vir komende toere gekies sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie