Pita-taco's: ’n Wenkombinasie
Dié broodjies is ’n bietjie Mexikaans, ’n bietjie Mediterreens… en báie lekker.
Jy benodig
• 125 g kersietamaties, in klein stukkies gesny
• ½ rooiui, fyngekap
• 2 jalapeñorissies, fyngekap
• ’n hand vol vars koljanderblare, fyngekap
• 8 klein pitabroodjies, oopgesny
• 1 koppie suurroom
• 1 koppie (100 g) gerasperde cheddarkaas
Só maak jy1. Meng die kersietamatiestukkies, rooi ui, jalapeño-rissies en koljander saam in ’n klein bakkie.
2. Vul elke broodjie met suurroom, cheddarkaas en 1 eetlepel van die kersietamatiemengsel.
3. Braai die broodjies in ’n braaipan of geriffelde pan oor matige hitte. Draai dit ná 5 minute om en braai die ander kant ook vir 5 minute – dit moet mooi goudbruin wees. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie