Pitt wen enigste goud vir Namibiu00eb
Pitt wen enigste goud vir Namibiu00eb

Pitt wen enigste goud vir Namibië

Gimnastiek
Leandrea Louw
Leandrea Louw - Emill Pitt van Swakopmund het die enigste goud vir Namibië by die 14de Afrika-kampioenskap in artistieste gimnastiek vir vroue en mans verseker.

In die kontinentale kompetisie wat by The Dome op Swakopmund aangebied is, het gimnaste van Algerië, Egipte, Suid-Afrika, Tunisië, Namibië en Kameroen vir plekke op die podium meegeding.

Pitt het die enigste goud vir sy land in Saterdag se sprongfinaal beklink, toe sy twee pogings ’n gemiddeld van 12.884 van die beoordelaars gekry het.

Hy is gevolg deur Mohameb Moussa van Egipte (silwer, 12.650) en Andrew Flynn van Suid-Afrika (brons, 12.250). Riaan Jantjies van Namibië is vierde geplaas (12.200).

In Vrydag se mans vloerfinaal het Abdelrahman Abdelhaleem van Egipte die goue medalje verkry, gevolg deur sy landgenoot Ziad Khater en Luke James van Suid-Afrika (brons). Emill Pitt het hier die agtste plek behaal.

In die vrouefinaal van die sprong het Lylia Menasria van Algerië met die goud weggestap, gevolg deur Jana Mahmoud van Egipte (silwer) en Lisa Conradie van Suid-Afrika (brons).

Op die ringe het Mohameb Afify van Egipte die goud ontvang, gevolg deur sy landgenoot Ziad Khater (silwer) en Ruan Lange van Suid-Afrika (brons).

Afify het nóg ’n goud vir Egipte bygevoeg toe hy op die ongelyke brug ’n totaal van 12,600 punte behaal het, gevolg deur die Suid-Afrikaanse paar Ruan Lange (silwer) en Luke James (brons).

Op die vroue se balk was Liza Conradie van Suid-Afrika die kampioen, gevolg deur Jana Mahmoud van Egipte (silwer) en Sofia Nair van Algerië (brons). Namibië se Minette Hough het hier die agtste plek ingeneem.

Jana Aboelhasan van Egipte het die vierde goud vir haar land in die vroue se vloeritem ingepalm, gevolg deur Liza Conradie van Suid-Afrika en Malek Sakr van Tunisië. Maddie Wheeling van Namibië was agtste.

Mohameb Afify van Egipte het goud op die brug ontvang, gevolg deur sy landgenoot Ziad Khater (silwer) en Abdennour Aissa van Algerië (brons).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!