Plaasaanval: verdagtes steeds soek
Die Namibiese polisie is steeds op soek na drie verdagtes wat Maandagaand 'n vrou in die Kanona-plaasgebied suid van Omaruru geskiet en beroof het. ’n Spesiale eenheid van Walvisbaai help met die soektog.
Die vrou is omstreeks 21:00 op die erf deur twee verdagtes oorval, maar kon daarin slaag om haarself los te wikkel. Sy het in haar voertuig gevlug, maar is deur 'n derde verdagte wat in die bosse geskuil het in die mond en linkerbeen geskiet. Die 48-jarige vrou is deur ander boere van die omgewing te hulp gesnel.
Volgens die hoof van misdaadondersoeke vir die Erongostreek, adj.komm. Erastus Ikuyu is die polisie steeds besig met die ondersoek. Ikuyu wou hom nie uitlaat of die aanval verband hou met 'n gewapende rooftog vroeër by 'n vulstasie op die dorp waartydens N$25 000 gebuit is nie. Die rooftog is deur drie gemaskerde verdagtes uitgevoer.
"Geen van die verdagtes is nog geïdentifiseer nie. Dit is dus moeilik om te sê of dieselfde persone by albei gevalle betrokke was. Op die stadium ondersoek ons dit as twee aparte voorvalle totdat ons kan sien daar is 'n verband tussen die twee," het Ikuyu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie