Plaaseienaars vra interdik teen grondbelasting
Elvira Hattingh – Kort voordat die ministerie van grondhervorming Dinsdag ‘n “finale waarskuwing” aan plaaseienaars uitgereik het om hul posadresse vir grondbelasting in te dien, is aansoek gedoen om vanjaar se grondbelasting ter syde te stel en vir ‘n tussentydse interdik teen die staat om enige verdere grondbelasting te eis terwyl uitspraak in vyf sake nog hangend is.
Op Vrydag 20 Mei het Kambazembi Gasteplaas namens die Grondeienaarsvereniging van Namibië (Loan) drie kennisgewings van mosies by die hoërhof ingedien.
Die eerste hiervan vra dat uitspraak gelewer moet word in ‘n dringende aansoek van 30 Oktober 2015 waarin die grondwaardasie van Augustus 2015 nietig verklaar moet word. Die tweede aansoek vra dat die grondbelasting van 29 Julie 2016 ter syde gestel moet word en ook dat die heffing en invordering van verdere grondbelasting opgeskort moet word tot tyd en wyl uitspraak gelewer word in vyf hangende grondbelastingsake.
Die aansoek vra dat die opskorting vir alle plaaseienaars moet geld.
MINISTERIE SE KENNISGEWING
Dit volg op groot onsteltenis van plaaseienaars nadat die ministerie van grondhervorming op 24 Mei in ‘n verklaring geëis het dat grondeienaars hul posadresse moet verskaf en dat die versuiming daarvan as belastingontduiking beskou sal word.
Verder is gesê plaaseienaars wat nie hul besonderhede indien nie, kan ’n boete van tot N$20 000 of tronkstraf van tot vyf jaar opgelê word, of beide.
Volgens Kambazembi Gasteplaas se regsverteenwoordiger, mnr. Charlie Bodenstein, is die jongste belastingaanslag wat in Julie betaal moet word, uitgereik ten spyte daarvan dat verwante sake nog sub judice is.
Bogenoemde mosies volg op ‘n lang saga, waarin die laaste grondwaardasiehof in 2007 ‘n sitting gehad het.
“Volgens wet verstryk die geldigheid van ’n waardasierol binne vyf jaar ná uitreiking. Die laaste waardasierol het op 31 Maart 2013 verstryk. In 2012 het die nuwe voorlopige waardasierol ‘n drastiese verhoging in grondbelasting voorgestel is.
“Dit het daartoe gelei dat meer as 2 500 grondeienaars beswaar aangeteken het, waarna die ministerie van grondhervorming die 2012 voorlopige waardasierol teruggetrek het. Volgens ‘n beëdigde verklaring van die permanente sekretaris het waardasies verbeteringe op plase ingesluit, terwyl dit volgens wet nie ingereken mag word nie,” het Bodenstein gesê.
“Sowat 2 700 besware teen dié nuwe rol is ingedien en plaaseienaars moes tegelykertyd in Windhoek se hof verskyn, vir ‘n onbepaalde tyd in Windhoek beskikbaar wees en wag vir hul individuele sake om gehoor te word.
“Die hofsitting is eindelik deur regter Elton Hoff nietig verklaar,” het Bodenstein gesê.
HERSIENINGSAANSOEK
“Kambazembi Gasteplaas het egter voor die waardasiehofsitting van 22 Augustus 2013 die grondwetlikheid van die staat se optrede, die wet en regulasies bevraagteken en ‘n hersieningsaansoek voor die hof gebring.
“Hiervolgens moes die respondente, wat die ministeries van landbou, water en bosbou, finansies, die grondhervorming se advieskomitee, kommissaris van binnelandse inkomste, en die aanklaer-generaal van Namibië ‘n volledige rekord verskaf van besluite wat geneem is en die redes daarvoor.
“Ná gedeeltelike onthullings en weiering om redes te gee, is aansoek vir ‘n hofbevel gedoen dat die respondente na behore moet reageer. Dié geding het tot nog vier ander hofaansoeke en sake gelei.”
WETSWYSIGING
Boonop het die ministerie van grondhervorming in 2015 ‘n proklamasie gemaak dat ‘n waardasierol geldig is vandat dit deur ‘n waardasiehof goedgekeur is totdat dit deur ‘n nuwe vervang word.
Bodenstein sê dit moes regulasie 17(3) vervang, wat bepaal dat die geldigheid van ‘n waardasierol ná vyf jaar verstryk.
“Dié wysiging beteken ‘n grondwaardasierol kan onbeperk voortduur, maak die bestaande wet tot niet, is onwettig terugwerkend, verwyder bestaande regte en maak die afdwing van grondbelasting nog meer onvoorspelbaar.”
Kambazembi het dit ook onder die aandag van die registrateur van die hoërhof gebring dat geen uitspraak nog gelewer is in die dringende aansoek wat op 17 September voor die hof gebring is nie.
Hiervolgens wou grondeienaars hê die grondwaardasie van Augustus 2015 moet nietig verklaar word. Uitspraak op die saak, wat aanvanklik op 30 Oktober 2015 gelewer moes word, is reeds ses keer uitgestel, terwyl uitspraak binne drie weke vir ‘n dringende aansoek gelewer moet word.
Die hoofaansoek van 2013 sal eers kan voortgaan nadat die staat sy volledige rekord en redes verskaf het.
Bodenstein het beklemtoon volgens sy waarneming is niemand onwillig om grondbelasting te betaal nie, solank dit die toets van die Grondwet van Namibië deurstaan; vandaar die toetssaak.
" Die feit dat grondeienaars hul grondbelasting nougeset betaal het vanaf 2005/6 tot 2012 met die ondraaglike verhoging, is ‘n klinkklare bewys hiervan.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie