Plaaslike afrigters vol lof vir Stars
Komende opponente hoop dat die blootstelling almal sal baat.
Die MTC FNB Namibiese Premierliga-sokkerafrigters Brian Isaacs, Maleagi Ngarizemo, Paulus Shipanga en Woody Jacobs het vandeesweek African Stars vir hul passie en ambassadeurskap geloof.
Stars se pas afgelope veldtog in die Kampioeneliga en Konfederasie-bekerkompetisie van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) het gemengde welslae opgelewer in die ses kragmetings waarin hulle betrokke was. Die Windhoekers kon net een wedstryd wen en drie gelykopuitslae bewerkstellig.
Dit is betekenisvol dat hulle in sulke uitgelese geselskap hul teenstanders kon vasvat deur net twee wedstryde te verloor.
Volgens die viertal afrigters is dit belangrik dat Namibiese klubs soos Starlile so gereeld as moontlik aan kompetisies op kontinentale vlak deelneem om die standaard van plaaslike sokker 'n hupstoot te gee.
Isaacs, een van die land se mees gesoute afrigters, het 'n beroep op borge gedoen om spanne by te staan wanneer hulle aan kontinentale kompetisies deelneem.
Ngarizemo, eienaar en afrigter van Young African, reken Stars verdien 'n staande ovasie vir sy manhaftige spel.
“Alle krediet aan Stars se bestuur wat deurgedruk het om in Afrika te gaan deelneem. Dit inspireer klubs soos ons om groot te droom. Baie geluk aan hoofafrigter Bobby Samaria, die tegniese span en spelers wat Namibië met trots verteenwoordig het.”
Ngarizemo reken die ondervinding wat die Samba Boys tuis en weg teen Vulcan Club de Moroni van die Comore-eilande, Orlando Pirates van Suid-Afrika en Raja Casablanca van Marokko opgedoen het, sal ook sy weg na ander klubs vind.
“Wanneer Stars teen ander spanne in die plaaslike liga speel, sal die standaard beslis verhoog, want die ander spelers sal sien hoe hulle te werk gaan. Samaria het as 'n uitgeslape mentor sy stempel afgedruk wat nie 'n tree vir ander afrigters op die kontinent terugstaan nie. Hy het hiermee bewys dat hy bekwaam is om binnekort die Brave Warriors te kan afrig,” het die voormalige Brave Warriors-speler verduidelik.
DEUR IS GEOPEN
Shipanga, wat dié seisoen as hoofbreier van FNB Black Africa oorgeneem het, het hulde gebring aan Stars, die verdedigende Namibiese Premierliga-kampioen wat binne 'n paar weke hul staal teen 'n voormalige én huidige Afrika-kampioenspan moes toon.
“Hulle (Stars) het vir ons die deur geopen en ons moet dieselfde nastreef. Stars het gewys dat Namibiese sokker teen die beste in Afrika kan kompeteer. Die span het met goeie taktiek en goed georganiseerde strukture in beide hul laaste twee wedstryde gespeel.
“Dit is geen maklike taak om gewese en huidige Afrika-kampioenspanne soos Pirates en Raja Casablanca een ná die ander aan te durf nie. Ek is gretig om vir Stars weer in die NPL in aksie te sien,” was Shipanga se mening.
Jacobs, nuwe hoofafrigter van Unam, deel Shipanga se sienings en sê Stars was uitstekende ambassadeurs vir Namibië.
“Dit was die eerste keer in 'n baie lang tyd vir Namibië waar spelers hulself teen die beste op die kontinent kon toets.
“Ek wens ander spanne kan dieselfde doen. Die ondervinding wat Stars opgedoen het, kan nie met geld gekoop word nie. Dit verander spelers se lewens,” het Jacobs gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie