Plaaslike beeldhouer deel van OR Tambo-standbeeld
Tanja Bause
Pres. Cyril Ramaphosa het verlede Dinsdag 'n bronsbeeld van die Suid-Afrikaanse anti-apartheidspolitikus en revolusionêr Oliver Reginald Tambo by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg onthul.
Die Namibiese beeldhouer Cristina Salvoldi was 'n lid van die span wat die bronsbeeld gemaak het.
“Die beeldhouwerkspan het uit myself en Tania Lee as die hoofbeeldhouers, medebeeldhouer Lungisa Kala en Madodana Cita as die assistent bestaan. Die bronsingsproses is deur Sculpture Casting Services hanteer,” het sy gesê.
Die 9 meter hoë standbeeld weeg 'n geskatte 3,5 ton en het sowat ses maande geneem om te voltooi.
Salvoldi het onder meer in 2007 die Karakoel-standbeeld in Keetmanshoop se hoofstraat – wat die 100ste bestaansjaar van die karakoelbedryf gevier het – ontwerp en gemaak. Sy het ook in 2010 'n bronsbeeld vir Gondwana Collections Namibia gemaak en ses jaar later interaktiewe museumuitstallings vir die natuurwetenskapsmuseum in Windhoek. Sy woon en werk sedert 2003 in Suid-Afrika.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie