Plaaslike brandstofprys styg vanjaar reeds 30%
Plaaslike brandstofprys styg vanjaar reeds 30%

Plaaslike brandstofprys styg vanjaar reeds 30%

Opwaartse neiging duur voort
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die jaar 2021 is gekenmerk deur verskeie stygings in brandstofpryse. Inligting verskaf deur die ministerie van myne en energie toon pryse het sedert die begin van die jaar met minstens 30% gestyg.

Dieselpryse het met N$3,50 per liter gestyg, van N$11,38 per liter in Januarie tot N$14,88 per liter op die oomblik.

Die petrolprys het met N$3,60 per liter gestyg – van N$11,35 in Januarie tot die huidige N$14,95.

Brandstofpryse het in Februarie begin opgaan toe die ministerie aangekondig het die prys van diesel en petrol gaan onderskeidelik met 50 sent toeneem.

Dit is opgevolg deur nóg stygings, met die prys van diesel wat tussen Maart en Februarie met 80 sent verhoog het. Die opwaartse neiging het in April voortgeduur toe 'n prysstyging van 50 sent vir beide brandstoftipes deur die ministerie aangekondig is.



BIETJIE VERLIGTING

Mei en Junie het 'n mate van verligting vir motoriste gebring, maar dit was van korte duur, aangesien brandstofpryse in Julie weer begin opgaan het – met 'n styging van 40 sent vir beide diesel en petrol.

In Augustus was motoriste meer gerus nadat geen prysstygings aangekondig is nie.

Die verligting was weer eens van korte duur – met brandstofpryse wat in September weer die opwaartse neiging gevolg het. Die prys van diesel het met 33 sent tot N$13,88 per liter gestyg en petrol met 57 sent tot N$14,15 per liter.



OPWAARTSE NEIGING

'n Verhoging van 30 sent is in Oktober vir diesel en petrol aangekondig, wat die prys op N$14,18 per liter vir diesel en N$14,45 per liter vir petrol te staan gebring het.

Vandeesmaand is 'n prysstyging van 70 sent vir diesel aangekondig, wat die prys opgestoot het tot N$14,88 per liter, terwyl petrol met 50 sent tot N$14,95 per liter toegeneem het.

“Namibië is 'n prysnemer in die internasionale oliemark. Die land het nie sy eie ru-oliebronne en ru-raffinaderye waardeur hy kan verskans teen hierdie olieprysonbestendighede nie, behalwe vir die Nasionale Energiefonds se brandstofgelykmakingsmeganisme,” het die ministerie van myne en energie oor die stygings verduidelik.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!