Plaaslike fliek op pad na Los Angeles
Plaaslike fliek op pad na Los Angeles

Plaaslike fliek op pad na Los Angeles

Yandi Du Plessis
Kapana, een van die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se rolprente, is onlangs gekies om deel te wees van die prestige Pan African Film Festival in Los Angeles.

Die Pan African Film Festival (PAFF) is ’n platform wat blootstelling bied aan 'n wye verskeidenheid kreatiewe werke met of deur swart mense van oraloor die wêreld, wat positiewe beelde versterk en help om negatiewe stereotipes te vernietig.

Gister op Martin Luther King-dag het PAFF die keuses vir sy 29ste jaarlikse fees bekend gemaak. Vanjaar word 45 lande en 43 tale verteenwoordig. By die fees sal 39 dokumentêre films en 168 narratiewe (26 films, 118 kortfilms en 18 mini-kortfilms) gewys word. Kapana, 'n trots Namibiese film, is vanjaar een van die amptelike keuses.

Vanweë Covid-19 word die fees vanjaar aanlyn aangebied onder die tema “Evolve”.

Gehore van oraloor die wêreld het toegang tot die gekose films, insluitend Kapana.

Die rolprent is deur Philippe Talavera vervaardig en geregisseer. Dit is geskryf deur die bekroonde Senga Brockenhoff en Mikiros Garoes. Adriano Visagie en Simon Hanga vertolk die hoofrolle, terwyl Mikiros Garoes, Dawie Engelbrecht, die veteraan-aktrises Felicity Philander en Elize de Wee, Foreversun Haiduwah, Albertina Hainane en die nuweling Chanwrill Vries die ondersteunende rolle vertolk.

“PAFF is een van die grootste filmfeeste,” sê Talavera.

“Dit is ’n groot eer om gekies te word. Dit sal 'n geleentheid wees om ons werk met die wêreld te deel, terwyl ons nog 'n paar vertonings in Namibië beplan.”

Die Pan African Film Festival duur vanaf 28 Februarie tot 14 Maart. Kaartjies is by www.paff.org beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!