Plaaslike fliek vandeesmaand op Netflix
Plaaslike fliek vandeesmaand op Netflix

Plaaslike fliek vandeesmaand op Netflix

Yandi Du Plessis
Die internasionaal bekroonde film Baxu and the Giants, sal die eerste Namibiese fliek wees om op Netflix te verskyn. Dié kortfilm sal na verwagting vanaf 30 September op die gewilde stroomplatform beskikbaar wees.

Dit kan ook in die toekoms meer geleenthede vir soortgelyke projekte skep.

Mnr. Florian Schott, die regisseur van die film, het gesê dit is ’n nuwe mylpaal vir die plaaslike filmbedryf, en het bygevoeg hy is baie opgewonde en dankbaar vir die geleentheid.

Die gewilde plaaslike kunstenaar, me. Lize Ehlers, wat deel was van die span wat die klankbaan vir die film saamgestel het, het gesê: “2020 het ons beslis uitgedaag om moeilike daaglikse deurbrake te maak. Om die derde kwartaal van 2020 met dié mylpaal te beeïndig, is die beste manier om die laaste deel van ’n jaar vol struikelblokke en uitdagings te betree."

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!