Plaaslike fokus op downsindroom
Downsindroom is een van die algemeenste genetiese afwykings in die wêreld.
Henriette Lamprecht - In Oktober val die fokus wêreldwyd op downsindroom (DS).
Namibië sal vanjaar op 21 Oktober vir die eerste keer plaaslik bewustheid hiervoor skep.
Die bewusmaking sluit in ’n pleidooi vir onder meer die insluiting van mense met DS in skole en werksplekke, gepaste gesondheidsorg en ook aanvaarding van mense met DS.
Met hul ekstra chromosoom het hulle, net soos ander mense, ook drome, ambisies en gevoelens.
Namibië sal Downsindroomdag van 11:00 tot 16:00 op 21 Oktober by Laerskool Eros se sportgronde vier.
Familielede, versorgers en vriende van mense met DS word uitgenooi om die dag saam te kom vier met ’n piekniekmandjie en versnaperinge wat te koop sal wees.
Die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN) is die organiseerders van dié spesiale dag en sal ’n middagete aan kinders met DS en hul broers en susters verskaf.
Musiek, ’n waterglybaan en balspeletjies sal deel van die verrigtinge wees.
Vir meer inligting kan Anita by 081 406 9851, Eline by 081 124 4202 of Shareen by 081 124 0982 geskakel word.
DS is een van die algemeenste genetiese afwykings in die wêreld. In suidelike Afrika word een uit 700 babas met DS gebore. Statisties beteken dit sowat 100 babas word jaarliks met dié genetiese afwyking gebore. Tans is daar nie akkurate syfers beskikbaar vir die totale aantal Namibiërs met DS nie.
Sedert die totstandkoming van die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN) word Namibiërs met DS geregistreer in ’n poging te help met die daaglikse struikelblokke wat met dié toestand gepaard gaan.
Deur middel van openbare en private mediese fondse kon DSAN ’n paar babas en ook jong kinders ondersteun wat hartoperasies in Kaapstad en in die harteenheid van die Windhoek Sentrale Hospitaal ondergaan het.
Die vereniging bied ook ondersteuning aan versorgers van jong kinders met DS deur middel van vroeë ingrypingsmaatreëls soos fisio-, spraak- en arbeidsterapie.
Ouers en versorgers word gehelp om ’n plek in hul plaaslike kleuter- of laerskool, asook skole vir kinders met spesiale behoeftes soos Môreson en Dagbreek, te vind.
Die vereniging werk tans aan ’n loodsprogram in samewerking met die Universiteit van Namibië (Unam), die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, asook die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied) om leerlinge in gewone skole uit te plaas, terwyl dit onderwysers en bestuur met die vereiste leermetodes en hulpbronne ondersteun.
Volgens DSAN speel ouers en versorgers ’n deurslaggewende rol in die onderrig van ’n kind met uitdagings en word hul deelname aan dié projek sterk aangemoedig.
Deur middel van voortgesette professionele ontwikkeling het die projek ook ten doel om meer onderwysers in inklusiewe onderrigpraktyke op te lei. DSAN glo met die regte ondersteuning kan kinders met DS leer en ’n gesonde, gelukkige en produktiewe lewe lei.
Die vereniging poog om maniere te vind om jong volwassenes met DS ook in die werksplek te ondersteun.
Die pad vorentoe in dié verband sal grootliks fokus op die paar jongmense wat reeds in beskermende werksomgewings ’n diens verrig. DSAN moedig ook toegang tot die regering se ongeskiktheidstoelae vir mense met gestremdhede aan.
As ouers van kinders met DS deel die vereniging graag hul ondervinding en kennis met ander ouers en lidmaatskap is gratis.
Vir meer inligting kan ’n e-pos aan [email protected] gestuur word of hul webtuiste by www.downsyndromenamibia.org besoek word. Die vereniging is ook op Facebook.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie