Plaaslike pluimveesektor of invoere?
Oor die afgelope jare is tot N$750 miljoen in die plaaslike pluimveebedryf belê, maar invoere het ook tot werkskepping en plaaslike beleggings gelei.
Elvira Hattingh - Namib Poultry Industries dra direk sowat 0,12% tot die bruto binnelandse produk (BBP) by.
Volgens kenners is dit beduidend vir ‘n enkele entiteit.
Oor die afgelope ses tot sewe jaar is tot N$750 miljoen in die plaaslike pluimveebedryf belê. Vir elke N$1 miljoen wat belê is, is een werksgeleentheid geskep.
‘n Studie oor die mikro- en makroëkonomiese impak van die Namibiese pluimveebedryf in 2018 deur Cirrus Capital dui daarop dat plaaslike produsente sedert 2018 voorraad van hoenderprodukte begin opbou het.
McGregor skryf dit toe aan die moontlike insmokkel van hoenderprodukte na Namibië, wat plaaslike produksie ondermyn.
Die uitslae van die studie is Vrydag tydens ‘n openbare konsultasiesessie tussen verskeie groepe deur mnr. Robert McGregor bekend gemaak. Die doel van die konsultasie was onder meer om die toepaslikheid van die huidige statutêre beskerming van die bedryf te hersien.
Vir elke N$1 wat plaaslik aan waardetoevoeging in pluimveeprodukte bestee word, is daar ‘n vermenigvuldigingseffek van N$4,42.
Gemeet op ‘n indirekte wyse het die bedryf ‘n veel groter bydrae tot die BBP gemaak – sowat 0,4% – dus ‘n totale bydrae van sowat 0,72%.
McGregor sê hulle het die plaaslike bedryf se potensiaal aan twee scenario’s getoets.
Sou Namibiërs hul jaarlikse hoenderverbruik van 13 kg per capita kan opstoot sodat ons, soos Suid-Afrikaners, 38 kg per capita per jaar verorber – kan die plaaslike pluimveebedryf se bydrae tot die BBP op 3% te staan kom. In dié geval word die huidige produksiekoerse, asook invoere gehandhaaf.
Sou Namibië net self in sy huidige vraag na hoender kon voorsien, sal die bedryf se bydrae tot die BBP op 1% te staan kom.
Indien Namibië se verbruik van hoender tot 38 kg per capita per jaar kan lig en die land selfvoorsienend met hoenderproduksie kan raak, kan die bydrae op 3% te staan kom.
“Dit is merkwaardig vir ‘n enkele bedryf,” het hy gesê.
Vir elke N$100 plaaslik geproduseerde hoenderprodukte word sowat N$43,80 aan invoerkoste bestee, terwyl N$56,20 in die land bly.
Sou ingevoerde hoender gekoop moes word, sou al dié geld uit die land gaan.
McGregor sê die ontwikkeling van ‘n plaaslike pluimveebedryf vrywaar ‘n land van onder meer prysskokke en onderbrekings in die verskaffing van hoender.
Daarteenoor ondersteun ‘n eie bedryf voedselsekuriteit, bied ‘n goedkoop bron van proteïene en stel ‘n land in staat om pryse te maak, eerder as om net prysnemers te wees.
Vir die ontwikkeling van ‘n plaaslike bedryf is beleidsekerheid, veiligheidsmaatreëls teen hoenderstorting asook tydelike beskerming van die bedryf nodig.
Die plaaslike pluimveebedryf se bydrae tot die ekonomie in die vorm van BTW staan die afgelope jare op sowat N$15 miljoen tot N$20 miljoen.
Boonop lei dit tot ‘n verdere bydrae van sowat N$7,7 miljoen se persoonlike belasting van werkernemers in die bedryf.
“Die bedryf het ‘n aansienlike aantal voltydse werksgeleenthede geskep. In 2018 het dit na raming op 660 gestaan – en dít deur ‘n enkele groot belegging is beduidend.”
McGregor sê as die plaaslike pluimveebedryf se produksiekoste met dié van Suid-Afrika vergelyk word, is dit duidelik Namibiërs is slegter daaraan toe. Dit is veral die geval met vervoerkoste, asook water-, elektrisiteits- en arbeidskoste.
“Ons glo daar is meer as genoeg ruimte vir meer produsente om by die pluimveebedryf aan te sluit. Die gemiddelde Suid-Afrikaner eet bykans drie keer meer braaikuikens as ‘n Namibiër. In 2017 het Suid-Afrika sowat 1,726 miljoen ton braaikuikens gelewer.”
SAAK VIR INVOERE
Die Vereniging van Vleisinvoerders en Namibiese Invoerders (Amie), wat tans sowat 22 lede het, sê dit het reeds bygedra tot die ontwikkeling van sowat N$850 miljoen se infrastruktuur in die land, terwyl dit werk aan 2 400 mense verskaf en N$150 miljoen tot die BBP bydra.
Boonop betaal sy lede jaarliks N$250 miljoen aan salarisse en lone, het mnr. Petrus Shipala va die Amie gesê.
Invoerders meen ‘n gebrek aan mededinging in die plaaslike bedryf lei tot ‘n monopolie asook ‘n gebrek aan mededingende pryse. Hulle het getoon sekere hoendersnitte is plaaslik tussen 33% en 64% duurder as in Suid-Afrika.
Amie sê verbruikers word te na gekom omdat tot 25% pekelwataer in plaaslik geproduseerde hoender ingespuit word. In Suid-Afrika word slegs 15% pekelwater weens gesonheids-, veiligheids en gehalteredes toegelaat.
Amie het voorgestel kwotas vir die invoer van hoenderprodukte word verhoog en kwartaalliks aangepas.
ONTLUIKENDE BOERE SUKKEL
Beide SME-eienaars en lede van die Namibië Ontluikende Pluimveeboere-vereniging het aangedui onsekerheid oor toegang tot markte strem hul belegging in die pluimveebedryf.
Oyeno Poultry Industry (OPI), ‘n SME in die Ohangwenastreek wat sowat 30 000 braaikuikens per maand lewer en reeds N$14 miljoen in hul boerdery ingestoot het, sê die kwotastelsel om hoenderinvoere te beperk, strek nie tot SME’s se voordeel nie.
Die eienaar, mnr. Paulo Shipoke, meen die rede is ‘n gebrek aan die toepassing van die stelsel, beleidsonsekerhede, swak beheer op grense en ‘n gebrek aan steun deur plaaslike kleinhandelaars wat goedkoop, ingevoerde hoender verkies.
“Ons verkeer voortdurend onder druk om met invoere mee te ding. Studies het bewys SME’s sou werk aan tot 10 000 mense kon gee sou invoere beperk word en plaaslike produksie verhoog.”
Shipoke meen ook die pluimveebedryf behoort beskerming in sy vormingsjare te geniet.
VERBRUIKERS SÊ
Mnr. Milton Shaanika-Louw, wat die Namibië Verbruikersgroep verteenwoordig het, sê vir verbruikers gaan dit nie net oor die betaling van beter pryse nie, maar ook om seker te maak produkte is van goeie gehalte en die ekonomie word bevorder.
“Wanneer iemand met my oor verbruikers en pryse praat, vertel ek altyd ek het ‘n groot familie: Hoe minder werksgeleenthede ons in Namibië het, hoe meer hoender moet ek vir hierdie familie koop. Ongeag hoe goedkoop hoender raak, gaan ek altyd hoender moet koop.
“Verbruikers sal graag sien dat die Namibiese dollar langer in die land bly,” het hy gesê.
Hy het ook voorgestel standaarde vir hoender word opgestel en maatreëls word ingestel sodat die beskerming van ‘n bedryf nie daartoe lei dat verbruikers deur pryse uitgebuit word nie.
Shaanika-Louw sê ingevoerde produkte moet ook strenger reguleer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie