Plaaslike ruiters presteer
Perdesport
Namibië se voorste ruiters het hulle uitstekend van hul taak gekwyt by die Duneside Stud buite Gobabis tydens die Inter Afrika-Nasiebekertoernooi vroeër vandeesmaand, wat ook as tweede been van die FEI Wêreldskouspringuitdaging gedien het.
Namibië het die dresseer- asook skouspring-kompetisies teen Botswana, Mauritius, Zambië en Suid-Afrika ingepalm, terwyl Anette Künzle haar goeie peil op haar perd Seeis Elton voortgesit het.
Ingmar Vos, president van die Internasionale Ruiterkunsvereniging, was agterna vol lof vir Namibië.
“Julle het uitstekende fasiliteite en organiseerders hier. Hier is uithaler warmbloedperde vir skouspring en dressuur, asook topklas Arabiere en ruiters vir uithouritte.
“Wat nodig is om die plaaslike standaard tot op ware internasionale vlak te lig, is om in goeie afrigters, beoordelaars en ander beamptes te belê. Gereelde kompetisies soos dié sal die deelnemers meer ervare maak,” het die administrateur gesê.
Die plaaslike ruiters het hul eweknieë in die dressuur uitgestof om goud vir hul span op te raap. Nadine Flemming op Seeis Shelton, Gesche Gilchrist op Seeis Dansuleo, Kirsten Chiapine se Playboy en Sumari Piepmeyer op Katiti Legolas het gemiddeld 65.1 persent sukses behaal, terwyl Botswana, verlede jaar se wenners, met 64.66 tevrede moes wees. Suid-Afrika was vyfde met 61.92 en Zambië met 55.86 vierde.
In die individuele afdelings het die gasheer vyf van die agt dresseerklasse gewen met twee goue medaljes vir Chiapine en Playboy (elementêre klas), twee goud vir Gilchrist en Seeis Dansuelo (medium-elementêr) en een goud vir Flemming en Seeis Shelton (mediumklas).
By die skouspring het die span bestaande uit Kerstin Garbade (Voightskirch Avatar), Detlef Fischer (Davetdsaub Diana), Gesche Gilcrest (Seeis Dansuelo) en Nadine Flemming (Seeis Shelton) twee rondes sonder enige strafpunte afgelê.
Botswana het ses strafpunte, Mauritius 14, Suid-Afrika 22 en Zambië 64 strafpunte afgestaan om behoorlik deur die Namibiërs onder die stof geloop te word.
In die individuele afdelings het Suid-Afrika se Hannelize Kamffer en haar ros Shadow Fly die 1.20 m/1.30 m-hoogtes ingepalm.
Namibië se ervare Anette Künzle op Seeis Elton was die enigste kombinasie in die B-afdeling om die tweede been van die Wêreldskouspringuitdaag met twee foutlose rondes af te sluit en sodoende dié kategorie te wen.
UITHOURITTE
Uithouritte is vir die eerste keer saam met dié kompetisie aangebied, waar die goed geoliede span van Botswana hul agterpote vir die res van die lande gewys het.
Gigi Mathias, sekretaris-generaal van die Namibiese Ruiterkunsfederasie (NAMEF), het die borge en deelnemers bedank.
“Ons ruiters en telers het uitstekende vertonings gelewer om ons eweknieë in die streek te wys dat ons met die regte borge 'n kompetisie van hoë standaard kan lewer om 'n krag in ruiterkuns te word. Baie dankie aan Voermeester, Sanlam Collective Investments, Capricorn Private Wealth en Gobabis Toyota vir jul belegging wat 'n wonderlike kompetisie moontlik gemaak het,” het Mathias gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie