Plaaslike snuffelhonde help teen Covid
Beauty, Bat, Amy en Adam gaan onder meer by lughawens ingespan word om mense op te spoor wat die siekte onder lede het.
Die mens se beste vriend het nog altyd ’n beduidende rol in mense se welstand gespeel. ’n Sprekende voorbeeld hiervan is die Universiteit van Namibië (Unam) se skool vir diergeneeskunde wat onlangs met ’n loodsprojek begin het vir die opleiding van honde om Covid-19 op te spoor.
Dié spesiale projek word deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ondersteun. Die honde sal op ’n unieke manier help met gesondheid en veiligheid, asook die herstel van Namibië se ekonomie.
Capricorn Group het vanjaar reeds N$5 miljoen vir die stryd teen Covid-19 geskenk en het nou ’n verdere N$80 000 ter ondersteuning van dié projek geskenk.
“Die projek is die eerste van sy soort in Afrika en sou dit suksesvol wees, gaan dit ’n beduidende bydrae tot die land se stryd teen die Covid-19-pandemie lewer,” sê me. Marlize Horn, die groep se uitvoerende beampte vir handelsmerk- en korporatiewe aangeleenthede.
Unam se skool vir dieregeneeskunde (SoVM) gaan honde oplei om Covid-19 by reisigers en Namibiërs op te spoor by lughawens, skole, hawens, sportgeleenthede en groot byeenkomste.
Die proses behels om ’n sweetmonster onder die arm te neem van vog wat deur die porieë van die vel uitgeskei word. Die honde ruik dan aan dié monsters en het tot dusver nog nie ’n vals negatief gehad nie, met 98% van die verkose positiewe monsters wat Covid-19-positief was.
Tans het hondehanteerders en -afrigters suksesvol vier Beagles, naamlik Beauty, Bat, Amy en Adam, opgelei. Simptome kan dae neem om te ontwikkel en baie asimptomatiese gevalle kan die virus onbewustelik versprei. Tog kan die projek in ’n vinnige en doeltreffende manier ontwikkel om geïnfekteerde mense op te spoor en te isoleer wat verder die verspreiding van die siekte in gemeenskappe hok kan slaan.
Dr. Conrad Brain van Unam, in samewerking met die Lady Pohamba Private Hospitaal en drs. Salomo Amadhila en Laura Brandt koördineer die insameling van die monsters.
Volgens Brain is groot sukses reeds met dié metode behaal en is dit maar nog net die punt van die ysberg in die vaardighede van die betrokke honde.
“Die honde het geleer om die molekulêre vlak van die monsters te identifiseer en dit is fantasties. Ons gebruik Beagles omdat hulle vir nou die verkose ras is en minder intimiderend vir die publiek is. In die toekoms wil ons graag honde van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) begin teel. Die radius vir die reuksintuig van alle honde is ongeveer 1,5 meter. Daarom sal alle rasse dit kan doen,” sê Brain.
Volgens hom is die honde se reuksintuig uitstekend, omdat hul opsporing van reuk 100 keer beter as die van mense is. ’n Goedopgeleide hond kan van 30 tot 40 verskillende soorte reuke ruik. Die honde word drie keer per week vir vier tot vyf uur op ’n slag deur positiewe versterkings afgerig. Die honde kan die monsters van 17 mense in minder as twee minute ruik wat beteken dit verminder die algehele koste van toetsing vir Covid-19, omdat een hond en sy hanteerder die werk van onder meer vier polisiebeamptes en ’n dokter doen.
Danksy die skenking van Capricorn Group kan meer honde opgelei word en verseker dat hulle hoëgehalteversorging en voeding kry. Die Lady Pohamba Private Hospitaal ondersteun die projek met die evaluering van die monsters.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie