Plaasmense wag steeds op goewerneur se hulp
Voormalige inwoners van Doornboom, sowat 56 km buite Rehoboth, wat onlangs van dié plaas verwyder is, sê hulle wag steeds dat die goewerneur van die Hardapstreek, me. Esme Isaack, hulle help.
Isaack het glo onderneem om die streeksraadslid mnr. Edward Wambo te vra om hul lot te verlig.
Terwyl hulle nog inwoners van Doornboom was, het hulle aansoek om hervestiging gedoen, sê hulle, maar “ons het net lëe beloftes gekry”.
“Ons is steeds nie hervestig nie en sit steeds met hul vee.”
Mnr. Anton |Gôagoseb sê Isaack “is nou stil”.
“Agt jaar lank probeer ons al om op Doringboom hervestig te word, maar terwyl ons sukkel het hulle iemand anders daar hervestig en ons is verwyder,” het hy gesê.
“Ons het nêrens anders om te gaan nie. Ons sit met bejaardes, weerlose mense en diere. Waarheen moet ons gaan?” het hy gevra.
|Gôagoseb sê hulle het niks teen die nuwe eienaar, mnr. Herman !Garus-ôab, nie.
Hy sê die ministerie se hantering van die hervestigingsproses is teleurstellend.
“As die regering destyds ingegryp het toe ons aansoek gedoen het, sou daar nie probleme vandag gewees het nie,” het hy voorts gesê.
|Gôagoseb sê sy groep dring daarop aan dat die ministerie van grondhervorming ’n heenkome aan hulle bied.
Die plaas se nuwe eienaar voel hy het “soos alle ander Namibiërs aansoek gedoen”, en sê dit is onregverdig dat hy daarvan beskluldig word dat hy mense van die grond verwyder het.
“Ek doen al die afgelope 24 jaar aansoek en het nou eers plek gekry. Al my vee is in die proses dood. Nou moet ek hoor ek het niks nie, maar ek hét ’n plaas gekry,” het !Gaus-ôab gesê.
Hy sê hy is gegrief oor die manier waarop hy behandel word, sê hy.
Isaacks sê die saak word deur die hoërhof hanteer, hoewel sy duidelik opdrag gegee het dat Wambo dit hanteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie