Plaasvrou aangeval
Met warm plastiek gebrand
Henriette Lamprecht - ’n Bejaarde vrou is Dinsdagmiddag op ’n plaas in die Leonardville-omgewing oorval en wreed aangerand. Die 79-jarige me. Hendrina Johanna (Drienie) Osborn van die plaas Excelsior bly saam met haar seun wat ten tyde van die voorval uitstedig was.
Osborn is deur die verdagtes met telefoonkabels op ’n stoel vasgemaak. Koerantpapier is in plastieksakke gesit en aan die brand gesteek, waarna Osborn met die warm plastiek onder meer op haar voorarms en tussen haar tone gebrand is. Sy is ook herhaaldelik in die gesig geslaan. Een van die verdagtes het haar ook met ’n mes gedreig en na bewering gesê “hierdie mes sal lekker sny”.
Vier verdagtes is in verband met die voorval aangekeer, van wie drie agter tralies op Gobabis is. Die vierde verdagte is onder polisiebewaking in die Sentrale Hospitaal in Windhoek, nadat hy ’n skietwond in die maag opgedoen het. Die vermoede bestaan dat hy per abuis geskiet is deur ’n makker met die pistool wat gebuit is op die plaas en aan Osborn se seun behoort.
Volgens die voorsitter van die Leonardville Polisie-ondersteuningsinisiatief en reservis, mnr. Kobus Vermeulen, het hy Dinsdagmiddag ’n oproep gekry van Osborn se seun dat sy ma op die plaas aangeval is.
Vermeulen, wat sowat 18 km van Excelsior boer, het hom onmiddellik daarheen gehaas en het onderweg daarheen voertuigspore op die pad opgemerk wat nie vroeër daar was nie.
By sy aankoms het Osborn gesê twee verdagtes het haar aangerand en dat hy hulle “seker net gemis het”. Sy kon egter nie sê of hulle met ’n voertuig daar was en hoe dit lyk nie. Vermeulen het lede van die buurtwag en boere in die omgewing laat weet om op die uitkyk vir die verdagtes te wees en hy het begin om spore tot by die grootpad te volg.
Intussen het een van die lede laat weet hy het ’n wit bakkie teëgekom wat hy probeer stop het, maar dit het weggejaag. Hy het die bakkie agtervolg, met skote wat deur die insittendes op hom gevuur is.
“Die opdrag was hy moet hulle nie probeer stop nie, maar net agtervolg.”
Die bakkie het later in die rigting van Hoachanas beweeg, met die Hoachanas-polisie wat op die noodroep gereageer het om met die soektog te help.
Ook dié polisie het onder skoot gekom.
“Geen skote is ooit deur die polisie of deur die buurtwaglede gevuur nie. Die enigste skote was dié van die verdagtes wat uit die bakkie op die polisie en die buurtwaglede gevuur is.”
Volgens Vermeulen het die bakkie die bosse ingejaag, met twee verdagtes wat uitgespring en die bosse ingehardloop het. Geen van die gesteelde goedere is in die bakkie gevind nie.
“Nog twee verdagtes wat agter in die bakkie was, is aangekeer en hulle het die ander twee geïdentifiseer.”
Die soektog na die ander twee is teen donker afgelas. Vermeulen was skaars by die huis toe hy ’n oproep ontvang dat een van die verdagtes hom by ’n polisieman se huis oorgegee het.
“Die vierde verdagte wat ’n skietwond in sy maag gehad het, is vasgetrek by die kliniek waar hy vir behandeling gegaan het. Die vermoede bestaan dat sy makker wat saam met hom agter op die bakkie was, hom moontlik per ongeluk raakgeskiet het.”
Volgens Vermeulen is buiten die pistool, ook N$300, kontant, juwele, sakkies met munte en onder meer boeliebief en stukke biltong gebuit. Dit is alles teruggevind op die plek wat deur een van die verdagtes uitgewys is.
Hy het Osborn se aanranding bevestig.
“Hulle het haar baie seergemaak.”
Die misdaadkoördineerder vir die Omahekestreek, komm. Josephat Abel, het bevestig drie van die verdagtes is agter tralies op Gobabis waar hulle ook in die hof sal verskyn. Die vierde verdagte is onder polisiebewaking in die Windhoek Sentrale Hospitaal. Volgens Abel sluit die klagte teen hulle roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie