Plaaswerker skuldig aan moord op vrou
Plaaswerker skuldig aan moord op vrou

Plaaswerker skuldig aan moord op vrou

Francoise Steynberg
’n Plaaswerker van Kalkrand is vandag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind aan die moord op sy vrou, me. Anna Scott, in Augustus 2017.


Die 55-jarige Hermanus Andreas Johannes Scott is deur regter Naomi Shivute skuldig bevind aan ’n klag van moord met “dolus eventualis” met die wete dat sy onwettige optrede om sy vrou aan te rand tot haar dood sou lei.

Op die tweede klag van regsverydeling is hy onskuldig bevind. Scott het glo ná die moord die oorledene se liggaam tussen 2 en 4 Augustus 2017 in ’n kamer in hul huis op die plaas Houmoed in die Hardapstreek weggesteek.

Staatsadvokaat Martino Olivier kon nie bo redelike twyfel bewys dat Scott die liggaam wou wegsteek deur dit met ’n kombers te bedek nie.

Scott het met die begin van sy verhoor op 2 Desember onskuldig op beide klagte gepleit.

Bewyse wat tydens die verhoor gelewer is, dui aan dat Scott sy vrou aangerand het deur haar te skop en slaan voordat hy haar verwurg het.

Die moordvoorval is op 4 Augustus 2017 ontdek toe mense die huis binnegegaan het nadat Scott hulle van sy onsuksesvolle selfmoordpoging vertel het.

Tydens die verhoor het dit aan die lig gekom dat die egpaar ’n ongelukkige huwelik gehad het en dat Scott sy vrou aangerand en vermoor het kort nadat hy haar van ontrouheid beskuldig het.

Hy bly in aanhouding in die Windhoek Sentrale gevangenis sonder die opsie van borgtog, in afwagting op die voorlegging van getuienis op 4 Junie wat vonnisoplegging voorafgaan. - Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!