Plaaswerkers ver bo minimumloon vergoed
Die jongste loonopname deur die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) wys plaaswerkers op kommersiële plase word mededingend vergoed.
Ronelle Rademeyer - Die gemiddelde waarde van die basiese salaris wat plaaswerkers maandeliks ontvang, beloop N$ 2138 en bestaan uit kontant en rantsoene.
Dit blyk uit die verslag van die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) wat elke tweede jaar ná ’n loonopname vrygestel word.
Dié bedrag verteenwoordig ’n styging van 8,3% teenoor die gemiddelde maandelikse salaris twee jaar gelede.
Dit blyk uit die verslag die opname toon die maandelikse kontant salaris beloop gemiddeld N$1 530 en die waarde van randsoene N$608.
Dit is 53% hoër as die minimumloon vir plaaswerkers wat tans op N$1 400 staan.
Die LWV wys in ‘n verklaring daarop daar moet in ag geneem word die minimumloon is slegs ‘n intreevlakloon vir jong plaaswerkers sonder ondervinding.
Dié vereniging, wat deel is van die Namibië Landbou-unie (NLU), sê hoewel deelname van sy lede teleurstellend laag was, was daar steeds genoeg deelnemers uit al die streke om goeie, werkbare data vir die verslag te verseker. Die data van 400 kommersiële boere en hul 3 288 plaaswerkers is verwerk.
Die opname toon verder die totale gemiddelde vergoedingspakket per plaaswerker as die waarde van die gratis byvoordele bygereken word, beloop N$3 413 per maand. Dit is N$17,50 per uur.
Die NLU sê in sy nuusbrief wat Vrydag aan boere gestuur is, hierdie is ’n bewys dat die vergoeding wat plaaswerkers op kommersiële plase ontvang, “gesond en mededingend is”.
Dit blyk verder verskillende aspekte van die vergoedingstruktuur en arbeidsbestuur van plaaswerkers is ondersoek en ontleed op nasionale- sowel as streeksvlak.
Die LWV sê die data gaan ook nog verder afgebreek word tot op boereverenigingsvlak, en dit sal gedurende Februarie aan die onderskeie boereverenigings beskikbaar gestel word.
Die byvoordele van plaaswerkers sluit in gratis behuising, gratis vervoer vir skoolkinders na skole, gratis vervoer vir plaaswerkers en hul afhanklikes na klinieke en hospitale asook die gratis weiding vir hul vee en ander diere soos donkies en perde.
Altesaam 94% van die deelnemers het bevestig dat hulle bykomend tot hierdie vergoeding ook jaarlikse bonusse aan hul werkers betaal.
Verder het 87% van die deelnemers aangedui dat hul werkers gedurende die jaar onder ontleding, salarisverhogings ontvang het.
Voordele soos gratis elektrisiteit, water, vuurmaakhout, asook werkgewers se bydraes tot die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) en persioenfonds namens hul werkers, is nie ingesluit in die vermelde bedrae. Dit is ondanks die feit dat dit ook byvoordele vir die plaaswerkers is en ’n verdere koste vir werkgewers inhou.
Die NLU sê in die algemeen is die arbeidsektor op kommersiële plase gesond. Die unie het sy lede hiervoor bedank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie