Plan van aksie vir Libiu00eb
Plan van aksie vir Libiu00eb

Plan van aksie vir Libië

Afrikastaatshoofde het die naweek in Brazzaville (Kongo) oor die konflik in Libië vergader.
Daar is in die naweek in Brazza­ville in die Kongo ooreengekom op 'n plan van aksie om 'n einde te bring aan die konflik in Libië en om vrede en demokrasie te bewerkstellig.

Verskeie staatshoofde van Afrika het die hoëvlakvergadering van die Afrika-Unie (AU) oor die konflik in Libië bygewoon.

Op die vergadering, wat gelei is deur die Kongo se pres. Denis Sassou Nguesso, is verslae van Libanon se Ghassan Salamé, die Verenigde Nasies (VN) se spesiale gesant na Libië, die Liga vir Arabiese State, die Europese Unie en dié van oudpres. Jakaya Mrisho Kikwete van Tanzanië bespreek.

Verteenwoordigers van die strydende groepe in Libië het ook die vergadering bygewoon.

Dit was die vierde vergadering van sy soort sedert die regering van wyle kol. Moeammar Ghaddafi in 2011 bloedig beëindig is deur die magte van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo).

Een van die voorstelle is onder meer dat 'n groter groep ­Afrikastaatshoofde voor die volgende AU-leiersberaad in Januarie volgende jaar met die strydende groepe vergader.

Zuma het die naweek se ­vergadering volgens 'n verklaring van die presidensie as baie suksesvol beskryf.

Die nuusagentskap Reuters het ­intussen berig die VN sal moontlik binnekort tussen 150 en 200 Nepalese soldate in Libië ontplooi om die VN se basis in Tripoli, die Libiese hoofstad, te beskerm.

Dit is deel van die VN se plan om na Libië terug te keer.

Die meeste buitelandse ambassades in Libië is in 2014 gesluit toe die ergste gevegte sedert Ghaddafi se dood in 2011 uitgebreek het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!