Plan vir versekering vir kleinboere in Afrika
Die afstand tussen die sneeupieke van Davos en ’n mielieplaas in Zimbabwe word nie net in kilometers gemeet nie: Gemeet aan ekonomiese ontwikkeling, is die twee plekke dekades verwyder.
Die oorbrugging van die agterstand tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande is die dryfkrag agter Blue Marble Microinsurance, ’n plan wat oesversekering na kleinboere in Afrika suid van die Sahara wil bring.
Die projek is in 2015 by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) bekend gestel. Hiervolgens word bekostigbare polisse aan kleinboere verkoop om hulle te vergoed in die geval van ’n weerramp. Die gidsprojek het in November verlede jaar met 335 kleinskaalse mielieboere in Zimbabwe begin.
Groot name ingespan
Blue Marble bestaan uit agt versekeraars, onder meer ’n aantal van die internasionale versekeringsbedryf se grotes – American International Group, XL Group en Zurich Insurance Group. Die versekeraars hoop die projek leer hulle hoe om goed te doen terwyl hulle geldmaak en om nuwe klante vir hul produkte te werf.
“Ons probeer die groot versekeraars se kundigheid in ’n heel ander soort mark inspan,” sê Joan Lamm-Tennant, Blue Marble se uitvoerende hoof.
“Dis wel nie ’n projek wat al in die eerste jaar sy koste sal afbetaal nie.”
Afrika beskik oor sowat 60% van die wêreld se onbewerkte landbougrond, asook ’n groter persentasie boere as ’n deel van die bevolking as enige ander vasteland.
Tog sukkel lande soos Zimbabwe om die nodige hulpbronne bymekaar te skraap om sy potensiaal te ontsluit. Dikwels word vordering op een terrein, byvoorbeeld beter saad, ongedaan gemaak deur ander tekorte, byvoorbeeld te min graansilo’s.
Deur kleinboere aan kredietnetwerke te koppel, kan belegging in die landbou gestimuleer word en nuwe produsente na die mark gebring word, sê Ulrich Hess, senior raadgewer van die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit, ’n internasionale ontwikkelingsagentskap wat vanuit Bonn bedryf word.
Dit is juis hier waar oesversekering ’n belangrike rol kan speel. Polisse wat boere help om hulle te verskans teen droogte en ander risiko’s is omstrede in die VSA, waar die praktyk vereenselwig word met opgeblase federale subsidies aan boere wat welvarend genoeg is om sonder regeringshulp ’n bestaan te maak. Programme in ontwikkelende lande is minder ambisieus, maar miskien meer noodsaaklik, want hulle waarborg dat boere ’n vorm van basiese inkomste sal verdien selfs indien die weer nie saamspeel nie. Banke sal dan dalk meer gemaklik voel om vir hulle geld te leen.
Versekeringsplanne nie vir heel armstes
In ontwikkelende lande neem oesversekering dikwels die vorm van sogenaamde indeks-versekeringsplanne aan. Uitbetalings word gegrond op voorafbepaalde reënvalvlakke of ander metings. Dit hou die oorhoofse koste laag en maak die polisse eenvoudig om te verstaan. Byna 200 miljoen kleinboere in Asië is verseker en meer as 3,3 miljoen in Latyns-Amerika, volgens ’n studie wat in 2015 deur die Global Partnership for Financial Inclusion gedoen is.
Een rede waarom Afrika agter die ander vastelande is, is dat die weerdata wat nodig is om betroubare polisse te skep, skaars is. In die Blue Marble-gidsprogram word polisse net aan mielieboere aangebied omdat dit ’n gewas is met ’n goed gevestigde oesgeskiedenis.
Die polisse word ook nie aan die armste van die armes – bestaansboere wat minder as $1 per dag verdien – aangebied nie.
“Ons kyk na die boere wat tussen $8 en $10 per dag maak,” sê Lamm-Tennant.
Die onmiddellike doelwit is nie om geld te maak nie, maar om te probeer uitvind watter model werk voordat die program uitgebrei word.
“Jy moet kan koers verander en herontwerp totdat jy dit regkry, so dis waarom ons klein begin en polisse deur ’n organisasie versprei eerder as om dit op ’n individuele grondslag te verkoop.”
Maar dis juis wanneer sulke klein oesversekeringsprogramme opgegradeer en uitgebrei word dat hulle die spoor byster raak, sê Peter Hazell, ’n konsultant vir die Wêreldbank wat in voedselsekerheid spesialiseer.
“Sonder staatsubsidies om die koste te verlaag, is dit moeilik om boere te oortuig om dekking te koop.”
Selfs al is die koste beheerbaar, verkies baie boere eerder meer tradisionele maniere om risiko te beperk, soos om verskillende soorte gewasse te verbou wat op verskillende tye geoes word en soms met minder reën kan klaarkom.
“Die groot uitdaging is egter: Hoe kan jy oesversekering doeltreffend teen ’n lae koste bied en hoe maak jy dit ’n algemene gebruik onder boere,” wil Hazell weet.
Indien Blue Marble daardie kleinboere kan bereik en hulle mettertyd die finansiële grondslag gee om groter te word, kan die voordeel op lang termyn baie groot wees.
“As jy hierdie ding reg doen, sal die middelklas – wat dan die verbruikers van die versekeraars se ander produkte word – uiteindelik na vore kom,” sê Lamm-Tennant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie