Planne kom vir papierlose parlement
Die Namibiese speaker het 'n beroep op parlementslede gedoen om tegnologie beter te benut.
Augetto Graig - Toppolitici sal van vanjaar af ál minder papier moet gebruik.
Die eerste sitting van die Namibiese parlement vir 2019 vind môre plaas. Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het Maandag aangekondig papiergebruik word uitgefaseer. “Vanjaar sal ons eksperimenteer met 'n papierlose parlement,” het hy gesê.
“Ons gebruik daagliks baie papier en dit is tyd om dit te staak. Ekself het 'n stelsel waarop ek alles elektronies kan doen. Ons netwerk met ons eweknieë in Finland wat ons daarmee help. Ons sal dit in fases voorstel en ons lede deur middel van die komitee oor inligting en kommunikasietegnologie aan die nuwe stelsels bekend stel,” het hy gesê.
Volgens hom moet die koste van die tonne papier wat die parlement gebruik, ook ondersoek word. “Ons benodig 'n kostebesparende kultuur wat tegnologiegebruik betref,” sê hy. “Wat is die nut van tegnologie as dit nie gebruik word nie? Ons lede het almal tabletrekenaars gekry. Waarvoor gebruik hulle dit? Vergader dit maar net stof? Met hierdie verwikkeling sal ons hulle dwing om die toerusting saam parlement toe te bring en daarvan gebruik te maak,” het hy gesê.
China se selfoonreus Huawei het in Junie 2018 157 Huawei MediaPad M3 Lite-tablette ter waarde van N$700 000 aan Namibiese parlementslede geskenk.
Katjavivi beplan voorts om ooreenkomste met parlemente van ander lande te sluit om die ontwikkeling te ondersteun, en om die beleide van 'n e-parlement en e-regering oor die algemeen te bevorder. Die speaker sê hy is ook baie opgewonde oor die aankoms van 'n “uitreikbus” wat die parlement van China aan Namibië geskenk het. Die bus kom dalk al dié week in die hoofstad aan. Daarmee sal tot 20 lede van parlementêre komitees reis en tot die land se inwoners kan bereik vir vergaderings en inligtingsessies.
Die speaker meen meer moet gedoen word om wetsontwerpers nader aan Namibiërs op voetsoolvlak te bring.
Wat betref 2018-prestasies sê Katjavivi die Namibiese parlement het 78 keer gesit. Daar was nie een dag sonder 'n kworum nie, sê hy. Daar was 20 wetsontwerpe voorgelê waarvan 17 sonder aanpassings goedgekeur is en drie met aanpassings. Daar is ook ses wetsontwerpe van die Nasionale Raad terugontvang vir heroorweging. Gedurende 2018 is 18 internasionale instrumente oorweeg waarvan 17 aanvaar of op ooreengestem is en een van kennis geneem is.
Wat betref die 16 mosies voorgelê in 2018 is 4 op ooreengekom, 2 van kennis geneem, 1 verwerp en 1 teruggetrek. Sewe is na stande komitees verwys is en 1 het verval. Daar is 47 jaarverslae en ministersverslae voorgelê, asook 142 verslae van die ouditur-generaal (OG) se kantoor. Van die OG se verslae is 74 na die NR se komitee vir openbare rekeninge verwys. Daar is ook 15 verslae voorgelê oor besoeke, vergaderings en openbare verhore gedoen deur parlementere komitees. Daar was altesaam 135 amptelike vrae, met kennisgewing, in die parlement gestel, waarvan 127 geantwoord is. Sonder kennisgewing is 34 vrae mondeliks gestel en 2 van hulle is geantwoord.
Vir 2019 beplan die parlement om 16 wetsontwerpe op onder meer egskeidings, landdroshowe, verkragtings, kindergeregtigheid, die hooggeregshof, marteling, elektroniese transaksies en die invoer van suiwelprodukte te bespreek. Ander wetsontwerpe sluit in die ontbinding van Namibia Post and Telecommunications Holdings, die aanpassing in die wet op vuurwapens en ammunisie, maritieme gesag, finansiële instansies en markte, finansiëledienstebeoordelaar, Namfisa en die wetsontwerp met betrekking tot die voorkoming van besoedeling van die see deur olie.
Katjavivi het die tema vir vanjaar se parlement sessies benadruk: Bevordering van integriteit, aanspreeklikheid en professionalisme. Hy sê alle parlementslede het hul bates en belange vir 2018 verklaar en sal van verwag word om dit vanjaar weer te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie