Planne uitgestel vir farmaseutiese aanleg
Planne uitgestel vir farmaseutiese aanleg

Planne uitgestel vir farmaseutiese aanleg

Die ontwikkelingsagentskap vir industrialisasie sê die projek bly belangrik – ondanks die vertraagde implemente­ring daarvan.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage



Die regering se planne om 'n farmaseutiese aanleg te bou, is uitgestel tot verskeie oor­eenkomste met vennote uit die private sektor bereik is, wat by die projek betrokke is.

Dít volgens die waarnemende uitvoerende direkteur van die nuutgestigte Namibiese ontwikkelingsagentskap vir industrialisasie, mnr. Uparura Kuvare.

Die regering het in 2016 planne vir die beoogde aanleg bekend gemaak.

“Die konseptualisering van die farmaseutiese aanleg is tot verdere kennisgewing uitgestel. Ooreenkomste is nog nie met ons ­tegniese vennote bereik nie,” het Kuvare gesê.

Volgens hom bly die projek belangrik – ondanks die vertraagde implementering daarvan.

“Dit is steeds 'n voorkeurprojek vir ons en vir Namibië. Ons onderhandel steeds oor die aanleg,” het Kuvare gesê.

Inligting oor die konseptualisering, finansiering en ontwikkeling van die aanleg sal volgens hom op 'n gepaste tyd en wanneer dit ­beskikbaar is, bekend gemaak word.

Die aanleg sal volgens plan steeds op Okahandja geleë wees.

“Grond vir die aanleg is geïdentifiseer en dit is steeds die geval,” het Kuvare gesê.

Veertien hektaar is deur die ­Okahandja-munisipaliteit vir die projek bewillig, toe dit nog onder die ministerie van handel geval het.

Die eerste fase van die aanleg sal die regering N$37 miljoen uit die sak jaag en vorm deel van die ministerie se Harambee-welvaartsplan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!