Planne vir e-onderrig word beraam
Media word ingespan
Augetto Graig
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is ten volle toegewyd tot die inwerkingstelling van e-onderrig vir leerlinge wat weens die uitbreking van Covid-19 in Namibië nie skool toe mag gaan nie.
Die uitvoerende direkteur van onderwys in die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries, het gistermiddag 'n reeks vergaderings geopen om insette van die media te verkry oor hoe onderwysinhoud na leerlinge versprei kan word.
Daar word 'n gesamentlike veldtog beoog waar televisie, radio, die pers en die internet ingespan kan word om inligting aan leerlinge te verskaf.
Met die aanvanklike verwagte heropening van skole op 20 April vir aanlyn onderrig, is daar geweldige druk om 'n praktiese oplossing te vind.
Stelsels in plek
“Stelsels moet gereed wees vir onderwys om voort te gaan,” sê Vries.
Vroeër is met onderwysers van privaat- en staatskole, onderwysamptenare in die Khomasstreek, verteenwoordigers van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied) en onderwyskenners van die Verenigde Nasies vergader, waar die beskikbaarheid van voorafvoorbereide materiaal bevestig is.
Aanlyn materiaal is volop en vir spesifieke grade is vakke se materiaal reg vir die uitsending op televisie, gedrukte materiaal is beskikbaar, maar min inhoud bestaan reeds vir radio, volgens Vries.
Die Khomasstreek is verantwoordelik vir die voorsiening van inhoud vir voorskoolse leerlinge en leerlinge in graad een tot sewe.
Vries sê onderwysers wat betrokke is, is toegewyd en gewillig om die nuwe benadering toe te pas.
Hulle het egter vrae oor formaat, opnames en gehalte van die materiaal wat hulle moet voorberei.
Hy erken alle skole is nie by dieselfde beginpunt nie, met sekere skole wat onmiddellik e-onderrig kan bied, en ander wat meer tyd nodig sal hê.
“Die beskikbaarheid en toegang tot die internet is 'n kommer,” meen hy, “en die datakoste wat ouers sal moet betaal, ook of daar genoeg radio- en televisiekanale is,” sê Vries.
Mnr. Julius Nghifikwa, adjunkdirekteur in die onderwysministerie, sê e-onderrig is onreëlmatig en kan nie nou onderwys in persoon vervang nie, “omdat ons nie gereed is nie. Ons word nou gedwing om vinniger te beweeg en e-onderrig toe te pas,” sê hy.
Me. Aune Victor, onderwyskenner by die VN se kinderfonds, sê gestremde leerlinge en kinders met spesiale behoeftes is ook 'n kommer, terwyl betrokkenheid van ouers noodsaaklik is.
Me. Octavia Tsibes wat Namibia Media Holdings se skolepublikasies lei, het aangebied om te help met video-opnames en die verspreiding van internetgebaseerde inhoud, terwyl mnr. Jackson Swartz die samewerking van EduTV aangebied het.
Mnr. Frank Steffen het namens die Redakteursforum van Namibië ook hul steun aangebied.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie