Planne vir Grootfontein

Twee instellings wil saamspan om vragvolumes deur Namibië te vermeerder.
Augetto Graig
Augetto Graig – Verteenwoordigers van TransNamib en die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG) was onlangs op Grootfontein om sakelui en logistieke deskundiges oor ontwikkelingsgeleenthede op dié Noordedorp in te lig.

TransNamib beplan om die spoorstasie op Grootfontein in ? naaf vir buitelandse vrag onderweg na die hawe te omskep.

Mnr. Gilbert Boois het namens die WBCG die toename in buitelandse vrag deur Walvisbaai uitgelig. Volgens sy statistiek het volumes vanaf die 2017-’18-boekjaar tot die 2018-’19-boekjaar met 46% gestyg. In die huidige boekjaar is 786 656 ton uitgevoer, vergeleke met 536 367 ton die vorige jaar.

Die grootste volume kom uit Zambië (59%), terwyl die Demokratiese Republikein die Kongo (DRK) vir 17% verantwoordelik is en Zimbabwe vir 14%. Angola en Botswana dra elk 4% by, met Malawi wat vir 2% sorg. Die belang van die toename in vragvolumes deur Walvisbaai word groter vanweë die eersdaagse opening van die uitgebreide, nuwe vraghouerterminale wat op herwinde grond by die hawe gebou is. Die terminale sal op 22 Augustus in gebruik geneem word, en daarmee die hawe se behoueringskapasiteit van 350 000 tot 750 000 vraghouers vergroot. “Dit sal baie verg om hierdie terminale vol te kry,” sê Boois. Die ou terminale sal op 17 Augustus gesluit word.

Hiervoor sien TransNamib wel kans, volgens sy uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith. Hy sê die 46%-groei in volumes deur die Walvisbaai-hawe kan met TransNamib se hulp weer verdubbel word. “Ons as TransNamib hoort in die arena van vragvolumes spel,” sê hy. Dit is ook deel van die staatsonderneming se strategiese doelwitte om inkomste te verdubbel. “As ? maatskappy het ons ? doel, ons het ? plan, en daar is baie hoop,” sê Smith.

Wat Grootfontein betref, behels die plan die omskep van die spoorstasie in ? logistieke naaf vir veral vrag soos koper uit Zamibië en ander erts van die Kongo (DRK), sê hy. “Ons wil Grootfontein ontwikkel as ? tussenganger-middelpunt vir Zambië en die Kongo,” sê hy. Vrag wat per pad van die genoemde lande af vervoer word, sal op Grootfontein op treine oorgelaai word. “Die stasie is so ontwikkel en beplan om baie meer verkeer te kan hanteer,” sê Smith.

Met die gebruik van Grootfontein se stasie kan die roete vir hierdie vrag met 1 400 km verkort word, sê Smith. “Dit is nie ? nuwe konsep nie. TransNamib sal met logistiek- en padvervoermaatskappye, asook pakhuiseienaars vennootskappe moet vorm,” sê hy.“Ons soek meer vrag van stasie tot stasie.”

Grootfontein is maar een van die ontwikkelingspunte waarop die plan gemik is. TransNamib werk ook daaraan om die roetes tussen Walvisbaai en Gobabis, asook tussen Suid-Afrika en Lüderitz te verbeter. In die Suide het die vervoer van mangaan reeds positiewe resultate gelewer. Volgens Smith is 600 nuwe amptenare teen einde Junie in die Suide hiervoor aangestel.

Hy sê die roete na Lüderitz bied merkwaardige geleenthede vir die spoorweë. “Ons eerste kliënt wil klaar 30 000 ton per maand vervoer.” Volgens Smith kan dit tot 90 000 ton binne die volgende 18 maande toeneem. Ander kliënte het ook belangstelling getoon, wat tot 3 miljoen ton ? jaar op die roete kan laat loop.

TransNamib is in gesprek met TransNet van Suid-Afrika om weer dienste na Ariamsvlei in te stel, terwyl die Namibiese karweier meer dienste tussen Keetmanshoop en Windhoek beplan. TransNamib gesels ook met die regering om die Trans-Kalahari-spoorlyn te verbeter, sê hy. Private beleggings word hiervoor gesoek.

Wat Grootfontein betref, beoog TransNamib om meer ritte in te stel.

Tans ry ? trein twee keer ? week tussen Windhoek en dié dorp, maar Smith wil dit tot vier keer ? week vermeerder. Daarvoor moet die konsep vir die Grootfontein-stasie verander gemik wees op distribusie en oorskeping, sê hy.

Die verteenwoordigers is na die stasie geneem om eerstehands te sien watter geriewe reeds beskikbaar is en te kyk na die grond waar ander opgerig kan word. TransNamib besit meer as N$3 miljard se grond en geboue landswyd, meestal onderontwikkel en verouderd. Om die waarde van die bates te ontsluit, soek TransNamib openbare- private-vennootskappe om N$2,6 miljard se grond te ontwikkel. Hierdie ontwikkeling moet die kernbesigheid van die spoorweë ondersteun en ? goeie opbrengs op belegging verseker, sê Smith. TransNamib werk aan ? vyfjaar-eiendomsontwikkelingplan wat hopelik voor die einde van 2019 voltooi sal wees, sê Smith.

Nog goeie nuus is TransNamib se mikpunt om passasiersvervoer op die spoorweë weer op te bou. Die luukse Desert Express sal volgens Smith amptelik aan die einde van die maand weer tussen Windhoek en Walvisbaai begin loop.

Almal is egter nie oortuig van Grootfontein se bevoegdheid as logistieke middelpunt nie.

‘n Logistieke ekonoom, mnr. John Saunderson, sê Usakos is meer gepas hiervoor as gevolg van die relatiewe kort afstand van die hawe af. “Aangesien treine teen 'n baie laer gemiddelde spoed beweeg as voertuie op die pad, en met die aantal stilhoupunte in ag geneem, sal in die geval van Grootfontein ‘n bykomende minimum van twee dae bygevoeg word vir die vervoer van goedere van Walvisbaai na Zambië en die DRK,” sê hy.

“Operateurs sal vinnig besef dat hierdie plek (Grootfontein) nie prakties is nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!