Plastieksakheffing: Meer bewusmaking nodig
Yolanda Nel – 'n Jaar nadat 'n heffing op plastieksakke geplaas is, is vele inwoners steeds nie ingelig oor die doel daarvan nie.
Navorsing deur die Gobabeb-navorsingsinstituut wys hoewel 88% van respondente bewus is van die heffing, weet net 45% die heffing is daar om te verseker minder plastieksakke word gebruik.
“Die res van die respondente het gedink die geld word vir ander redes ingesamel,” luidens die verslag.
Die heffing is op 2 Augustus 2019 deur die regering aangekondig en winkels betaal sedertien vir plastieksakke wat hulle aankoop. Om dié uitgawe te verhaal, word die sakke soms teen N$1 per sak verkoop.
“Die geld wat hiermee ingesamel word, gaan aan die Omgewingsbeleggingsfonds en word gebruik om
die bestuur van vermorsing te verbeter.”
'n Span van twaalf gegradueerdes, onder die toesig van die instituut, het die navorsing behartig. Dit word deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, sowel as die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) ondersteun.
Die navorsing is in Windhoek, op Walvisbaai, Keetmanshoop, Ondangwa en Katima Mulilo onderneem. Altesame 3 751 vraelyste en 3 852 waarnemings is gemaak.
Uit die data is gevind dat 51% van respondente wil hê die heffing moet voortgaan, “want hulle kan 'n vermindering van plastiekvermorsing sien”.
Die res is van mening die heffing is “nie effektief nie en dit is net 'n manier vir winkels en die regering om geld in te samel”.
Op die vraag of enkelgebruik-plastieksakke verban moet word, wou respondente weet of herbruikbare lapsakke verskaf sal word, terwyl handelaars in die informele nedersettings gesê het hulle sal niks hê om hulle goedere in te dra nie.
Die span het ook gevind dat jonger mense tussen 18 en 35 meer geneig is om plastieksakke te koop, teenoor mense ouer as 55 wat meer gereeld hul eie herbruikbare sakke bring.
Kassiere speel ook 'n rol om verbruikersgedrag te beïnvloed. Die koop van plastieksakke het met 11% afgeneem toe die kassier gevra het of 'n plastieksak nodig was. Sowat 27% van kliënte koop sakke sodat kos- en kosmetiese items nie in dieselfde sak gepak word nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie