Platinumprinses by Hallelujah Namibia
Hallelujah Namibia, ’n nasionale lof- en aanbiddingsgeleentheid, vind op Saterdag 4 November plaas. Vanjaar word dié gospelfees by Vegkop-stadion by Hoërskool Windhoek (WHS) gehou. Ons regisseur, Louis Brittz, beloof om weer ’n wêreldklas program aan te bied.
Ons verwelkom plaaslike talent soos Ponti Dikuua en die Collective Singers, Maranatha en Clive Williams van die WOW Generation, daarmee saam ook ander geliefde sangers soos Juanita du Plessis, Retief Burger, Louis Brittz, Elvis Blue, Neville D, Louis Loock, Anders en Rouchelle Liedmann.
Juanita is ’n gebore Namibiër wat self ook haar hoërskoolloopbaan aan WHS voltooi het. Daarom is dit nog meer van ’n hoogtepunt dat sy by vanjaar se gospelfees kan wees. Juanita is ’n platinumprinses, ’n geliefde en bekroonde sangeres met ’n sang- en liedjieskryfloopbaan wat reeds in 1988 afgeskop het, en wat nou spog met ’n lang lys albums en gesogte toekennings. Almal onthou haar eerste liedjies soos “Ska-Rumba”. Sedertdien geniet ons veral ook haar gospel-albums soos Koningskind, wat hierdie jaar reeds goue status verwerf het.
Juanita beskryf haarself as volg: “Ek is ’n doodgewone vrou; ’n ma wat elke dag my droom en passie lééf. Ek is ontsettend dankbaar vir wie ek is, waar ek is en wat ek het. Ek wil elke dag die instrument wees om mense met my musiek aan te raak, of dit nou is om hulle te laat lag, te laat huil, te bemoedig of net beter te laat voel oor die lewe en dalk ’n bietjie hoop te kan gee. Dit is ’n geweldige voorreg en eer om hierdie instrument in God se hande te kan wees. Ek glo dit is my uiteindelike skeppingsdoel hier op aarde.”
Koop vandag nog jou kaartjie vir Hallelujah Namibia. Kaartjies is by Pick n Pay-kiosks of by www.webtickets.com.na beskikbaar. Kaartjies sal ook op 4 November by die hekke beskikbaar wees. WHS se hekke maak om 15:00 oop en die groot geleentheid begin omstreeks 18:00. Mense met kaartjies vir die oop area moet hul eie stoele saambring of van die pawiljoene gebruik maak. Vir meer inligting, kontak Camp David by [email protected] of (061) 300 650.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie