Platteland kom toets hom teen ‘stadsjapies’
Lekker spontane hardlooprugby is by Wanderers in die vooruitsig.
Andrew Poolman - Die amptelike rugbyseisoen is al etlike weke verby vir die plattelandse klubs wat vanjaar in die eerste liga van die Namibië Rugby-unie meegeding het, maar môre span hulle saam om in ’n vriendskaplike kragmeting hul talent uit te leef.
Die sogenaamde Grootfontein Barbarians ruk die naweek op na Pionierspark, waar hulle môre met twee spanne teen die Wanderers Barbarians te staan kom.
Grootfontein het vanjaar indrukwekkend gelyk toe hy ’n onoorwonne seisoen in die eerste liga afgesluit het deur die eindstryd teen die Keetmanshoop Rams met 34-17 te wen.
Die plattelandse Barbarians is egter saamgestel uit spelers van Grootfontein, Keetmanshoop, St. Lou (Rehoboth), Spartans (Walvisbaai) en die Vipers van Windhoek.
Die versamelde span word gesamentlik deur Gerald Loubser van St. Lou, Brendon Walters van Keetmanshoop en Apie Oberholzer van Vipers afgerig en beplan om darem vandag minstens een maal vooraf vir ’n oefensessie bymekaar te wees.
Soos in Namibiese klubrugby die realiteit is, was sommige plattelandse spelers weens werk- of ander verpligtinge nie beskikbaar nie. Nogtans beloof dit om opnuut ’n uitstalling te wees van watter puik rugbyvermoëns buite die hoofstad weggesteek is.
Die Grootfontein Barbarians het gistermiddag nog die name van hul twee wedstrydgroepe naby aan die bors gehou, maar vertroulik word geneem dat die meeste van byvoorbeeld Grootfontein se staatmakers wel die reis van meer as 450 km na Pionierspark gaan onderneem. Die blou-en-wit truie se wenpatroon van stewige en hardwerkende voorspelers, wat met bedrewe aangeewerk vanuit laagvatte die bal lewendig kan hou, het vanjaar vriend en vyand verras.
Aangevul deur die bestes van Keetmanshoop, St. Lou, Vipers en die kusspan – tesame met twee of drie bekende buiteperde wat die organiseerders as ’n verrassing in die mou voer – beloof dit ’n dag van spontane hardlooprugby waarvoor die Wit Hingste hulle maar gereed kan hou.
In die wedstryd tussen die tweede spanne (14:00) sal dit vir Alberto Engelbrecht, uitgetrede losvoorspeler van die Windhoek Draught Welwitschias, ’n spesiale oomblik wees wanneer hy die veld saam met sy jong swaer Danie van der Merwe betree.
Van der Merwe, seun van SWA en Namibië se legendariese senter met dieselfde naam, het verlede seisoene die Namibiese o.18-skolespan by die Akademieweek verteenwoordig en studeer tans by die Pukke.
Wanderers se voorsitter, Willem van Zyl, sê: “Dit is vriendskaplike wedstryde, met hier en daar gelapte spanne en ouens wat soms ook uit posisie speel. So dit gaan lekker pret wees. Ek glo dat beide spanne ’n rollende reserwebank sal inspan om deurentyd die spelers op die veld vars te hou.”
Wanderers Barbarians eerste span: 15 Léan Stoop, 14 Tuna Amutenya, 13 Bernie Hugo, 12 Francois Wiese, 11 Ryan Coetzee, 10 Elmarco Beukes, 9 Dian von Solms, 8 Riaan de Klerk, 7 Christo van der Merwe, 6 Driaan Vorster, 5 Brandon Nortjé, 4 Denzil van Wyk, 3 Quintin Esterhuizen, 2 Shaun du Preez, 1 Ignus Tripodi.
Reserwes: 16 NG Swart, 17 Frans van Wyk, 18 Roy Grobbelaar, 19 Dirk de Meyer, 20 Stefan Neustädt, 21 Sean de Klerk, 22 Gurtley Beukes, 23 Oneal de Wee, 24 Raymond van Zyl, 25 Danie van der Merwe.
Die eerste spanne se afskoptyd is om 15:45.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie