Pleidooi vir gebed om reën
Christina Pietersen skryf:
Dr. Hage Geingob, graag wil ek u, as hoof van die nasie, vra om ’n spesifieke nasionale dag en uur te proklameer as ’n gebedsdag om reën.
Namibië ondervind tans ’n waterskaarste wat alle sektore negatief raak en hierdeur die eindgebruiker benadeel. Daar is al baie geskryf en beraadslag oor hierdie krisis aangesien dit dreig om epidemiese proporsies aan te neem: Huise sonder tuine, leë damme en swembaddens, moontlike toekomstige waterrantsoene, hemelhoë munisipale tariewe en waterskuldophoping, vee- en wildvrektes, bosindringing en swak oeste, ongewenste kompetisie met nywerhede vir skaars waterbronne wat lei tot waterbesoedeling, peperduur eindprodukte en agteruitgang van openbare gesondheid is maar net van die gevolge.
Die eindresultaat kan ekonomiese en gesondheidskatastrofes, maatskaplike onluste en die bedreiging van voedselsekerheid wees as waterreserwes nie dringend aangevul en volhoubaar benut en bestuur word in nasionale belang nie. Ander sektore soos toerisme, mynbou, die boubedryf, bosbou, die energiesektor, ensovoorts word ook negatief beïnvloed deur die watertekort, wat werksversekering en -verskaffing mag bedreig.
Maar al die geld en mag in die wêreld kan die natuur nie dwing om altyd betyds in ons dringende behoeftes te voorsien nie. Een van hierdie onvoldoende voorsienings is goeie reën op die regte tyd, alhoewel die klem nie altyd op seisoen val nie, want dis nie net vir landboudoeleindes wat ons water benodig nie.
In die lig van hierdie feite vra ek as mede-Christen – en patriotiese burger - dat u ’n spesifieke dag en uur afsonder waarop elkeen in ons pragtige land slegs tien minute van hul tyd afstaan om ’n petisiegebed, alleen of in groepies, aan God te rig om genoegsame reën te voorsien, waar almal ook al is.
Ons is mos beleidende Christene wat trots daarop is dat ’n bietjie meer as 90% van Namibiërs Christene is.
Omdat ons oor hierdie gebied een van hart is, vra ek u om die volk ’n geleentheid te bied om soos een man bymekaar te staan en te bid vir reën en sommer ook vir alle ander probleme waarmee ons land worstel, soos armoede, misdaad, geweld, maatskaplke euwels, korrupsie en dies meer.
Asook vir sukses met u Harambee-voorspoedplan.
Aangesien dit in volksmond gesê word gebed verander sake, vra ek u om landsgenote te vra om in die hart en geloof op ons knieë te gaan voor die heilige Troon en te pleit vir genade vir ons land en volk, want wie op sy knieë bly, kan staande bly teen enige aanslag. Waar twee of meer saamstem op ’n saak in die naam van Christus Jesus, belowe die Bybel, sal God ons gebede sonder verwyl verhoor.
Vra ook dat almal asseblief afsluit met die Onse Vader.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie