Plek op skoolbanke wu00e9u00e9r u2019n probleem
Plek op skoolbanke wu00e9u00e9r u2019n probleem

Plek op skoolbanke wéér ’n probleem

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sê wanneer die skooljaar in 2018 begin, sal daar weer probleme wees om elke leerling van ‘n plek op die skoolbanke te verseker.

Sy het Woensdag tydens ’n nuuskonferensie by Staatshuis verslag oor haar ministerie gedoen.

Die ministerie beplan om tydelike akkommodasiegeriewe op te rig sodat leerlinge gehuisves kan word.

’n Ander uitdaging is voedingsprogramme. Die minister het gesê die kos wat kinders by skole ontvang, is dikwels hul enigste maaltyd vir die dag.

Gratis onderwys is volgens haar ook onder druk en vrywillige bydraes deur ouers in ‘n ontwikkelende land soos Namibië is onontbeerlik.

“Daar kan nie van die staat verwag word om alleen vir die voorsiening van gehalte onderwys verantwoordelik te wees nie. Ons het ouers en die private sektor se hulp nodig,” het Hanse-Himarwa gesê.

Tog wys sy daarop dat sommige skole nie begrip het vir die nood waarin sommige ouers verkeer nie en dat leerlinge se rapporte weerhou word omdat vrywillige skoolbydraes nie betaal is nie.

Die ministerie los dié kwessie op deur die betrokke skole daarvan in kennis te stel dat hulle verplig is om die owerheid se opdragte uit te voer.

Hanse-Himarwa wil ook in die nabye toekoms hê dat weggedoen word met swaar handboeke en groot skooltasse.

Sy sê handboeke is duur om te druk en elektroniese handboeke moet oorweeg word.

Leerlinge moet in die toekoms ook toegang tot beter tegnologie hê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!