Plekke langs Drikus nog oop
Fietsry
Andrew Poolman – Die immer aansteeklike geesdrif van meer as duisend fietsryers sal Sondagoggend opnuut ’n integrale deel van die belewenis van die Nedbank Cycle Challenge in en buite die hoofstad wees.
Aan die voorpunt van die resies sal die land se elite ryers hul bes gee in die voorlaaste van die vyf wedrenne wat die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) as sy keuringsgeleenthede vir die Statebondspele in Julie en Augustus in Birmingham sal gebruik.
Met sy indrukwekkende oorwinning laas Sondag by die Nedbank nasionale padfietsresies oor 152 kilometer het Drikus Coetzee reeds verreweg die grootste gros van die beskikbare wenpunte (40) ingepalm.
Vyf punte elk was op die spel in die eerste twee Nedbank Windhoek Pedal Power-reeksbyeenkomste, wat beide deur Xavier Papo gewen is.
Dertig punte vir die wenner is in Sondag se Cycle Challenge op die spel, met die laaste oorblywende geleentheid die Kaapstad-fietstoer op 13 Maart, waar 20 punte vir die beste Namibiese ryers op die spel sal wees.
Namibië het egter vyf posisies om te vul in sy span vir die Statebondspele en dis nog nie uitgeklaar hoe dié plekke tussen mans en vroue in padfietsry óf bergfietsry verdeel sal word nie.
Terwyl Melissa Hinz en Courtney Liebenberg waarskynlik die enigste vroue is wat enigsins in die geselskap is om saam met die opnuut bekroonde dubbele nasionale vrouekampioen Vera Looser vir die Statebondspele oorweeg te word, is die prentjie by die mans veel meer kompeterend.
Die 19-jarige Hugo Hahn het reeds met sy liggaamlike vermoëns en taktiese ingesteldheid sy hand opgesteek met ’n tweede posisie vooraan talle bekende uitdagers by die nasionale padfietsresies.
Jean-Paul Burger het Drikus Coetzee laas naweek ná vier jaar as die nasionale tydtoetskampioen onttroon en het benewens sy erkende prestasies as driekampatleet ook die vermoë om hom op die padfiets as internasionale mededinger te vestig.
Gerhard Mans Junior, Ingram Cuff, Xavier Papo en die terugkerende Alex Miller (wat die nasionale padfietskampioenskap misgeloop het terwyl hy en Konny Looser laas naweek ’n stewige vyfde plek in die vierdaagse Tankwa Trek bergfietstoer in die Wes-Kaap behaal het) sal ook hul visier op die beste moontlike eindposisie hê.
Dan Craven (39) kon laas naweek nie klaarmaak nie en het dus heelwat inhaalwerk om te doen as hy in sy ambisie wil slaag om vir oulaas by ’n Statebondspele sy loopbaan op die hoogste vlak op ’n behoorlike noot af te sluit.
Craven het reeds sy strewe verklaar om in Birmingham 2022 ’n bydraende lid van die Namibiese spantaktiek te wees.
In 2021 is die Cycle Challenge weens Covid nie aangebied nie. In 2020 het België se gedugte Victor Campenaerts gewen, met Craven die eerste Namibiër.
DIE REËLINGS
Afsonderlike wegspringtye sal Sondag in die vier verskillende afstandsgroepe geld. Die ernstige en elite 100 km ryers begin reeds om 07:00, gevolg deur die resies oor 60 km (07:10), 30 km (7:20) en laastens die 20 km groep om 07:30.
Die begin- en eindpunt van die Cycle Challenge, wat trots as “die beste fietsresies onder die son” bemark word, is soos gebruiklik weer by die Nedbank-kampus oorkant Zoo Park, op die hoek van Fidel Castrostraat in die middestad.
Die Cycle Challenge se 100 kilometer- roete se een verste draaipunt is by Matchless en nog ’n draaipunt is op die westelike verbypad se brug by Brakwater- Noord.
Laat inskrywings kan tot vandag (van 17:30 tot 19:00) of môre nog (14:00 tot 16:00) by die Nedbankkampus op die hoek van Fidel Castro- en Reverend Michael Scottstraat gedoen word.
FOTO’s
Die 19-jarige Hugo Hahn (o.23-wenner) het beïndruk deur tweede ná Drikus Coetzee by die Nedbank nasionale kampioenskap te eindig. FOTO ANDREW POOLMAN
Drikus Coetzee op die elite mans se podium vir die Nedbank nasionale padresieskampioenskap saam met Jean-Paul Burger (links) en Ingram Cuff. FOTO TIELMAN VAN LILL

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie