Plofstof by skole in Oshikotostreek vernietig
Die Namibiese polisie se plofstof-eenheid is besig met ‘n operasie om by drie skole in die Oshikotostreek landmyne en plofstof te vernietig.
Die skole is die Tsintsabis Gekombineerde Skool, King Kauluma Gekombineerde Skool enTsumeb Junior Primêry Skool.
Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, spruit die operasie uit ‘n versoek van die Oshikotostreek se direktoraat van onderwys, kuns en kultuur om die skole voor hul opening volgende week, te ontmyn.
“Dit is verblydend dat die onderwysdirekteur die veiligheid en sekuriteit van leerlinge op die hart dra voor die skole weer volgende week open,” het Shikwambi gesê.
Sy sê drie spanne is sedert 24 Augustus by die drie skole ontplooi en slegs by Tsintsabis is onder meer ‘n verskeidenheid ammunisie en handgranate gevind, wat vandag vernietig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie