Plofstof eis twee kleuters
Plofstof eis twee kleuters

Plofstof eis twee kleuters

Twee mense het doodgebrand ná sinkhuise die naweek afgebrand het.
Twee kleuters is die naweek dood toe die plofstof waarmee hulle glo gespeel het, ontplof het.

Die voorval het om 18:40 in Opuwo in Katutura plaasgevind.

Tjapona Hivandinga (4) en Mukatokoo Nangopwa (4) het op die toneel gesterf, en nog kinders is beseer.

Een van die kinders is in 'n ­kritieke toestand in die staatshospitaal op Oshakati opgeneem.

Twee mans het 'n man (36) glo Sater­dag tussen 05:00 en 06:00 in Jakkalsdraai op Lüderitz verkrag.

Die verdagtes is na wat verneem word aan die polisie bekend en word gesoek.

Me. Elfriede Afrikaner (36) se kêrel (25) het haar na wat verneem word Vrydag om 12:00 by Freedom Square in Epako doodgesteek.

Sy is glo met 'n stuk draad in die bors gesteek en het op die toneel gesterf. Die man is in hegtenis geneem.



BRANDE

'n Sinkhuis het glo Vrydag omstreeks 05:00 in die Omdel- informele neder­setting op Hentiesbaai aan die brand geslaan.

Me. Maria Xam-Khaos (42) het doodgebrand en 'n man wat ook in die sinkhuis was, is nie beseer nie.

Die sinkhuis is vernietig en die oorsaak van die brand is onbekend.

Saterdag het mnr. Gert Rooi in die Katutura-staatshospitaal gesterf.

Hy het erge brandwonde opgedoen toe sy sinkhuis om 22:00 aan die brand geslaan het. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

Silence Fillemon (8) het Vrydag by Aeroplane Bay Beach op Lüderitz verdrink waar hy geswem het.

Mnr. Muthoko Shikongeni (42), 'n werknemer van Ohorongo-sement, is dood toe hy deur 'n voerband­masjien raakgery is.

Hy was glo besig om die masjien skoon te maak toe 'n kollega dit ­aanskakel.

Shikongeni is ernstig beseer en na die privaat hospitaal op Tsumeb geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.



Ongelukke

Vrydag om 11:40 het twee mense in 'n ongeluk gesterf toe die bestuurder van 'n bakkie beheer daaroor verloor het en die voertuig omgeslaan het.

Mnre. Johannes Katjipotu (61) en Virgilio Likumbeinge (27), 'n Angolese burger, het op die toneel gesterf.

Die voorval het sowat 2 km suid van Otjinene plaasgevind. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

'n Onbekende bestuurder het 'n ­onbekende vrou (50) Saterdag omstreeks 03:20 naby die Echo-diensstasie op Rehoboth raakgery.

Die bestuurder het glo van die toneel gevlug en die polisieondersoek duur voort. Die vrou is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

By die treinoorgang in Newtonstraat op Swakopmund het die ­bestuurder van 'n sewesitplekvoertuig glo versuim om te stop en met 'n trein gebots.

Die vyf passasiers in die voertuig is almal met beserings in die hospitaal opgeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!