Plofstof: Veiligheid is alles
Volgens die minister is die bedryf ’n magneet vir buitelandse beleggers en ’n belangrike werkskepper.
Otis Finck – Namibië is ‘n ontwikkelende land wat sy minerale rykdom nie sonder plofstof kan ontgin nie.
“Dit is ’n feit dat die mynboubedryf, wat vir die land van ekonomiese en maatskaplike belang is, groot hoeveelhede plofstof gebruik. Die bedryf is ’n magneet vir buitelandse beleggers en ’n belangrike werkskepper.
“Ons moet dus veiligheidsmaatreëls vir die gebruik van plofstof hê,” het die minister van veiligheid en sekuriteit, genl. maj. (afgetree) Charles Namoloh by die opening van die 9de Internasionale Konferensie van Hoof- plofstofinspekteurs (ICCIE) op Swakopmund gesê.
Terselfdertyd is dit die 25ste Plofstof-, Springstof- en Pirotegniese Werkgroep (EEP).
Die minister het benadruk die gevare van plofstof lê nie in die gebruik daarvan nie, maar in die nagevolge, wat dood en vernietiging kan insluit.
“Ons moet voorbereid wees sodat ons vinnig en toepaslik kan reageer. Hierdie konferensie is ’n unieke geleentheid om ’n strategie vir die gebruik van plofstof te ontwerp, asook veiligheidsmaatreëls. Kennis kan uitgeruil word en inligting oor die nuutste tegniese ontwikkelings kan gedeel word. Dis ook ’n geleentheid om idees uit te ruil wat gebruik kan word om planne van aksie te ontwikkel.”
Namoloh het daarop gewys dat toenemende aansoeke vir plofstofgebruik op verskeie gebiede soos mynbou, die bou van paaie en tonnels, olie-eksplorasie en -produksie, vuurpyle en verskeie veiligheidstoerusting tot gevolg gehad het dat die platform geskep is om die veiligheidsaspekte van plofstof te bespreek.
Hy het deelnemers aangemoedig om operasionele voorbereiding te verbeter deur aggressiewe veiligheids- en reguleringstrategieë vir plofstof te vestig.
“Die regering en bedrywe wat plofstof gebruik, het ’n verantwoordelikheid om die manier waarop dit bestuur word, te verbeter. Hulle moet die voordele van tegnologie ondersoek en sigbaarheid in die verskaffingsketting verhoog. Hierdie maatreëls lei uiteindelik tot die beter beheer en veiligheid van plofstof."
Namoloh het 'n beroep op die meer as 40 deelnemers uit verskillende lande gedoen om alle moontlike oplossings te ondersoek en insigte en ervarings te deel sodat noodgevalle en potensiële gevare ter wille van burgers se veiligheid verwag word.
Hy het ook die ontwikkeling van veiligheidsmaatreëls vir plofstof in die streek verwelkom ná verskeie lang en bitter stryde om onafhanklikheid in van die lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-streek.
“Die baie geskut wat nie ontplof het nie en in die Noorde rondlê, bly 'n bron van kommer.
“Dit is ironies dat ons groot hoeveelhede geld bestee aan die vervaardiging van plofstof en dieselfde doen om dit te vernietig.”
Namoloh het bygevoeg plofstof wat in ’n oorlog gebruik word, is baie gevaarliker as die plofstof wat in mynbou gebruik word.
“Die leeftyd van plofstof wat in ’n oorlog gebruik word, verval nie en dit bly jare lank plofbaar en gevaarlik. Wetenskaplikes moet kyk na plofstowwe wat ná 'n sekere aantal jare verval en onbruikbaar word. Dit sal ook die opgaar van plofstof ontmoedig en wapenuitgawes beperk.”
Deelnemers sal na verwagting inligting oor plofstof se gedrag uitruil wat die toetsing, vervaardiging, hantering, berging en vervoer daarvan betref.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie