Pluimpies word mondig
Namibië se tak van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging deel 57 toekennings uit.
Meer as 200 mense het die 21ste aflewering van die Bank Windhoek ATKV Pluimpie-toekennings op Vrydag 30 Junie 2017 in Windhoek bygewoon.
By ‘n lekkerkuier-galadinee is nie net erkenning gegee aan werk op die gebied van die skryfkuns nie, maar ook groter diens aan die gemeenskap wat oor dekades strek.
Die kollig was op die pryswenners, met vermaak deur Namibië se eie Ruan Greeff tesame met Hennie Smit, George Longane en Bianca Pienaar van Suid-Afrika. Greeff het in sy eerste aflewering weggespring met ‘n kort, spitsvondige Afrikaanse nommer waarvan baie mense meer sal wil hoor.
Frank Fredericks, Andre Henning en Rhona Gouws is beloon met die hoogste toekennings, die ATKV Oorkonde aan uitsonderlike persone.
Die Gouws-egpaar het in hul onderskeie loopbane diep spore getrap by die destydse SWAUK en Swaruk, asook die NBC voor hul werk vir Kanaal 7.
Rhona se puik voorlesing van ingeskrewe werke het gaste vermaak, maar ook ernstig laat nadink.
Afrikoon-status is toegeken aan Hannes von Holtz, betrokke by atletiek vanaf 1968, Errol Hurter, Republikein se afgetrede hoofsubredakteur met ‘n diensrekord van meer as 20 jaar, Polla Steyn, onderwyslegende deesdae betrokke by die Selfhelp Trust, en Charlie Ellis, legendariese brandweerman, nooddiensomroeper en geselsstem by Kanaal 7 en Kosmos 94.1.
Republikein se Minette Brink is erken vir haar rubrieke.
VEERTJIES
Corina Becker – "Paddaboudjies, pôffie-eigrims, briefies huis toe…"
Minette Brink – rubrieke
Oswald Rall Theart – "Herdersboom"
Dihanna Taute – "Die Engelsman in my slaai"
Awie van der Westhuizen – Wondervis
Loraine Kotze – "Omwenteling en geruite spatsels"
Marietjie Espach – 6 gedigte
Henriëtte van Wyk – "Haikoes"
Estelle Rubow en Mias van Zyl – "Opgeefsels"
Jurie Viljoen – "Die lied van Swartbooisdrift"
Ruan Greeff – Verhoogde standaarde (CD)
Sakkie Coetzee – Landboujoernaal, Kanaal 7 (10 jaar)
Johan Serfontein – Huweliksberadingsprogram, Kanaal 7 (15 jaar)
Chris Theron – Gramadoelas, Kanaal 7 (15 jaar)
Rudi en Marlice van Vuuren – Groen Namibië, kykNET
Cota Jeugkoor
PLUIMPIES
Clarice Theys – Rehoboth: "Waar my hart is"
Henriëtte van Wyk – Sprokies
Louw Grobler – "Die lang pad terug" en kortverhale
Ria Kotze (Meraai) – "Vlinderkind"
Mauritz du Preez – "Here, vergewe my"
Jakes Espach – "Breek"
Annetjie D’Emiljo/Aná Niem – "Alleen"
Willie Grobler – Voortrekkers (24 jaar)
Theunis Engelbrecht – film
Rian Momberg en Maria Nel – tuinbouprogram, Kanaal 7
KLOP-OP-DIE-SKOUER
Bettie Hough en Renate Schmidt – gratis kommunikasieklasse in Afrikaans
Loretta Basson – gemeenskapswerk
Marco van den Berg – voog vir ATKV Namibië
DONSIES
Hannes van Tonder – "Joy se Budd voete"
Luna de Villiers – 7 gedigte
Annalize Burger – "Koelenhof-Kersfees"
Marsofine Krynauw – "Woorde wat waai"
Marlene Erasmus – "Waar woorde vlerke kry"
Oswald Rall Theart – "Swartkoffie"
Denver Kisting – Sê-jou-sê op die NBC Afrikaanse diens
Fouché Brand – Geldpraatjie, Kanaal 7
IDIOMESTRYD 2016
Gobabis Gimnasium: Jan-Hendrik Vermeulen en Karlien Visser
DEELNAME
Annalize Burger – "Skoenlapperontwaking"
Rhona Henning – "Briewe aan Anti Baby"
Jani Liebenberg – "God het my hoor roep"
Loretta Basson – Oneindig dankbaar (‘n boek oor Kurt Johannesson)
Abrie van der Westhuizen – "Redding ver vandaan"
Marietjie van Dyk – 4 gedigte
Rita Opperman – "Musiek"
Dieter Ian Maree – "Verruklik vrou"
Ferdi Gerstner – "Kaleidoskoop"
Oswald Rall Theart – Welwitschia Rugby (CD)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie