Pluimveestryd terug na hou00ebrhof
Pluimveestryd terug na hou00ebrhof

Pluimveestryd terug na hoërhof

Namibië se hoogste hof het beslis ’n aansoek deur Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente moet weer in die Windhoek hoërhof aangehoor word.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging en vyf van sy produsente wat ’n hoërhof uitspraak op appèl geneem het, het Woensdag in die hooggeregshof geseëvier.Die oorspronklike hofgeding in die hoërhof het ten doel gehad om die invoerbeperkings wat ingestel is om Namibië se jong pluimveebedryf te beskerm, omver te werp.

Die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling het dié beperkings op die invoer van hoenderprodukte in April 2013 ingestel.

Regter Shafimana Ueitele het aan die einde van Junie 2016 beslis dat daar ’n onredelike tydperk verloop het voordat die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging en die ander aansoekers hul aansoek gebring het en hy het dit gevolglik van die hand gewys.

Appèlregter Dave Smuts met waarnemende appèlregters Yvonne Mokgoro en Theo Frank wat daarmee saamstem, het Woensdag beslis dat regter Ueitele die vertraging in die indiening van die aansoek moes kondoneer en nie van die hand gewys het nie.

Die hooggeregshof uitspraak noem dat dit in die openbare belang is om die toepassing van artikel 144 van die grondwet te debatteer en te bepaal tot watter mate, indien enige, internasionale verdrae in plaaslike howe afgedwing kan word. Die Suid-Afrikaanse maatskappye het in die hoërhofaansoek aangevoer dat die oplegging van die beperking onwettig en buite die minister se magte was en dat dit verskeie van Namibië se internasionale verdragsverpligtinge ingevolge artikel 144 van die grondwet oortree het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!