• Tuisblad
  • Sake
  • PnP amper 6% laer nadat hy markaandeel verloor
PnP amper 6% laer nadat hy markaandeel verloor
PnP amper 6% laer nadat hy markaandeel verloor

PnP amper 6% laer nadat hy markaandeel verloor

Talle redes vir beleggers se teleurstelling
Estelle de Bruyn
Nellie Brand-Jonker



Pick n Pay se aandeelprys het gisteroggend in 'n stadium met amper 6% geval nadat sy wins in die boekjaar tot einde Februarie aandeelhouers teleurgestel het en die maatskappy gewaarsku het oor nog moeiliker tye wat voorlê.

Richard Brasher, uitvoerende hoof van Pick n Pay, sê verbruikers se omstandighede gaan al hoe moeiliker word. “Mededinging vir sukkelende en kostebewuste verbruikers gaan die nuwe normaal wees.”

Pick n Pay se aandeelprys het gisteroggend in 'n stadium tot R60,67 gedaal van die R64,53 waarop dit Dinsdag gesluit het.

Teen 11:50 was dit 3,64% laer vir die dag op R62,18.

Herman Lloyd, portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, sê daar is talle redes vir waarom beleggers teleurgesteld is. Die vernaamste hiervan is:

1. Die omset was net 7% hoër.

2. Die wins per aandeel vir die voljaar was R2,58. Ontleders het R2,67 verwag, aldus Bloomberg.

3. Pick n Pay het markaandeel teenoor Shoprite verloor.

4. Brasher het op die aanbieding gewaarsku dat die land se afgradering reeds druk op verbruikersvertroue geplaas het, en dat verbruikers oor die volgende aantal jare onder verdere druk gaan kom.

5. Die meeste plaaslike aandele is die laaste paar weke onder druk, want beleggersentiment is baie negatief.

“Pick n Pay se waardasie is nog net te hoog na ons mening.

Dit kan die rede vir die val wees,” sê Lloyd.

Vergelykende verkope (verkope in dieselfde winkels as in die vorige boekjaar) het teen 3,4% gestyg. Dit is laer as die 3,8% waarteen dit in die vorige boekjaar gestyg het.

Boonop het die aantal transaksies met 4,7% gestyg vergeleke met 7% die vorige jaar.

“Dit dui op 'n verlies aan markaandeel,” sê Lloyd.

Gareth Ackerman, voorsitter, het op die aanbieding gesê die politieke ontwrigting in die land maak dit nog moeiliker om sake in Suid-­Afrika te doen.

“Dit skep verdere onsekerheid in 'n tyd dat ons ekonomie onder wesenlike druk is en werkloosheid baie hoog bly.”

Pick n Pay se aandeelprys het van 20 Maart, toe dit op R72,30 was, reeds met 16% gedaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!