Polisie benodig die gemeenskap se insette
Woordvoerders van politieke partye huldig meestal 'n kritiese mening oor die polisie se doeltreffendheid.
Kristien Kruger
In aanloop tot die streek- en plaaslike owerheidsverkiesings later vandeesmaand het Republikein verskeie partye se mening oor die belang van gemeenskapspolisiëring gevra.
Opposisiepartye is van mening dat die polisie nie daarin slaag om misdaad doeltreffend te beveg of te voorkom nie en gevolglik meer hulp en bystand van gemeenskappe benodig.
Die Landless People's Movement (LPM) se adjunk-woordvoerder, me. Joyce Muzengua, meen gemeenskapspolisiëring kan tot die voorkoming van misdaad lei.
“Een van die hoofvoordele van 'n goeie verhouding tussen die gemeenskap en die polisie is dat dit misdaad kan verhoed voor dit plaasvind, maar die polisie het tans nie 'n proaktiewe benadering nie en reageer meestal eers as die oortreding reeds gepleeg is.”
Volgens Muzengua is die polisie nie doeltreffend om sake op te los en met die opsporing van misdadigers nie.
“Die Namibiese polisie is onbekwaam en geïnfiltreer deur korrupsie en wanadministrasie.
“Buiten verskeie tekortkominge is hulle ook onderbeman, veral in afgeleë gebiede.
“Hulle het kantore in talle gebiede, maar dit word nie doeltreffend aangewend nie.
“Vele sake, soos dié van Magdalena Stoffels, Avihe Ujaha en ander vermoordes, is steeds nie opgelos nie, omdat die polisie nie met die gemeenskap saamwerk nie,” meen Muzengua.
Muzengua stel voor die polisie stel inisiatiewe in wat die gemeenskap se vertroue sal terugwen.
“Polisiebeamptes by polisiekantore behoort in kliëntediens opgelei te word, moet in Engels geletterd wees en moet uitgebreide kennis van die wet hê.
“Die polisie moet gebruik maak van private hulpbronne en instansies soos buurtwagte om hulle by te staan.
“Afdelings soos die forensiese departement moet ook verbeter word om effektiewe misdaadoplossing te verseker.”
'DOODSDREIGEMENTE'
Mnr. Rudi van Wyk, voorsitter van die Rehoboth Independent Town Management Association (Ritma), sê hy het eerstehandse ervaring van die positiewe impak wat gemeenskapspolisiëring tot gevolg kan hê.
“Ons maak in ons land beslis nie genoeg gebruik van gemeenskapspolisiëring nie. Ek is self betrokke by polisiëring in Rehoboth en ons het tot dusver goeie resultate gekry.
“My siening is die polisie is gekant teen gemeenskapspolisiëring en dit is duidelik hulle het iets om weg te steek.
“Van ons sekuriteitsbeamptes het al doodsdreigemente van polisielede ontvang. Ons vermoed die polisie in Rehoboth is by dwelms betrokke en ons beoog om dié probleem uit te lig.”
GEMEENSKAP SE VERANTWOORDELIKHEID
Mnr. Mike Kavekotora, president van die Rally for Democracy and Progress (RDP), reken dit is die gemeenskap se verantwoordelikheid om liggame en instansies te stig wat misdaad beveg.
“Gegewe die hoë vlak van mislukking deur die polisie, is daar 'n groot behoefte vir gemeenskappe om verantwoordelikheid te neem om misdaad in hul omgewing te probeer bekamp.”
Volgens Kavekotora kan ouerbetrokkenheid lei tot die voorkoming van misdaad.
“Misdaad en onwettige oortredings is 'n aanduiding 'n gemeenskap is besig om sy morele waardes te verloor. Ouers moet 'n aktiewe rol inneem om hul kinders en die gemeenskapslede aanvaarbare norme en waardes te leer wat sal bydra tot respek en waardering vir hul medemens.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie