Polisie, betogers pak mekaar in Hongkong
Polisie, betogers pak mekaar in Hongkong

Polisie, betogers pak mekaar in Hongkong

Betogers het Maandag met die polisie in Hongkong slaags geraak op die herdenking van die dag wat Brittanje in 1997 Hongkong aan China oorhandig het.

Van hulle het probeer om by die wetgewer, waar die regering gesetel is, in te breek.

Die owerhede het reeds vroeër om kalmte gevra vir vandag se ­jaarlikse pro-demokratiese op­tog te midde van wydversprei­de woede oor 'n voor­gestelde wet wat sou behels dat misdadigers deur Hongkong aan China uitge­lewer kan word.

Miljoene betogers het die afgelope drie weke in Hongkong teen dié wetsontwerp, wat vir nou deur die owerhede laat vaar is, betoog. Die betogers wil hê die regering moet die wetsontwerp heeltemal skrap nadat Carrie Lam, Hongkong se leier, aangedui het dat sy bloot die wetsontwerp vir eers “sal bêre”.

Die polisie het Maandag pepersproei teen betogers gebruik, terwyl die polisie met stokke op betogers ­afgestorm het.

Lam het die 22ste herdenking, waar dié voorma­lige Britse kolonie aan Chinese heerskappy terug­gegee is, bygewoon, al dring die betogers aan dat sy bedank.

Sy sê die regering moet sy manier van doen verander en meer tegemoet­komend en oop wees om sodoende meer vir die jong mense te kan doen.

Lam sê die voorvalle die afgelope maande het tot spanning tussen die publiek en regering gelei, maar sy sê sy het ook tot die besef gekom dat die regering die publiek se sentiment beter moet probeer verstaan.

Die herdenking is die afgelope jare ­gekenmerk deur toenemende wan­hoop oor wat baie inwoners van Hongkong sien as China se groeiende houvas op hulle.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!