Polisie-brutaliteit op Okahandja beweer
Erge menseregteskending beword beweer in polisie-optrede waartydens selfone by aangehoudenes op Okahandja gesoek is.
Ronelle
Rademeyer - “Ons
het poedelnakend daar gestaan, mans en vroue gemeng. Toe spuit hulle ons eers
nat en daarna met traangas.
“Ons moes toe paddaspring, want, het hulle gesê, die fone wat versteek is, moet uitkom.”
Só het die 37-jarige mnr. Johan van Vuuren gister die gebeure met sonopkoms Sondagoggend by die aanhoudingselle by die polisiekantoor op Okahandja beskryf.
Van Vuuren het die naweek twee nagte in die selle deurgebring nadat hy Saterdag vir dronkbestuur in hegtenis geneem is. Hy is Maandagoggend op borgtog van N$4 000 vrygelaat.
Twee ander bronne het Republikein onafhanklik van Van Vuuren oor die voorval gekontak. Hulle wil uit vrees vir viktimisering nie geïdentifiseer word nie.
Beide bronne beweer die aangehoudenes het vir vyf dae lank nie kos gekry nie. Hulle families is ook nie toegelaat om toebroodjies, koeldrank of ander eetgoed vir hulle te bring nie.
Volgens die bronne is dit gedoen om die aangehoudenes te straf aangesien “selfone ingesmokkel word”.
Dit blyk die operasie het baie vroeg Sondagoggend plaasgevind. Nagenoeg tien lede van die spesiale reserwemag in Windhoek het in ’n bakkie en kombi by die polisiekantoor aangekom.
Die nuwe stasiebevelvoerder, hoofinsp. Petrus Shipepe, was volgens die bronne teenwoordig toe die selle oopgesluit is en die “70 tot 80” aangehoudenes aangesê is om buite in ’n gang teen die muur te gaan staan.
“Hulle (lede van die spesiale reserwemag) het selfs van die vroue en minderjariges geklap,” vertel en van die anonieme bronne.
Dit is deur Van Vuuren bevestig. “Hulle het net toe die son opkom, ingestorm. Daar was mans in vroue en kamoefleerdrag, die stasiebevelvoerder en twee mense in siviele drag. Ek was in sel 7 saam met so 23 ander mense.”
Van Vuuren sê van die vroue het gehuil toe hulle kaal moes uittrek. “Een van die vroue, wat oorspronklik van Duitsland af kom, is geklap. Hulle het haar daarvan beskuldig dat een van die mans vir haar ’n selfoon gegee het,” vertel van Vuuren.
Shipepe het by navraag gesê hy “weet niks van só ’n voorval nie”. Hy het ook ontken dat die aangehoudenes gestraf is deur kos van hulle te weerhou en gesê “daar is nie ’n enkele dag dat hulle nie kos kry nie”.
Daarenteen het die waarnemende hoof van die polisie, genl. Oscar Embumbulu, aan Republikein gesê hy is bewus van ’n operasie Sondag waartydens selfone in die aanhoudingselle gesoek is.
“Die bevelvoerder van die Otjozondjupastreek, komm. Heinrich Tjiveze, het ’n verslag na my gestuur. Daarvolgens is streng operasionele prosedures gevolg.”
Volgens Embumbulu dra hy nie kennis van enige menseregteskendings nie en sê hy is “uiters geskok” oor die inligting wat deur Van Vuuren en die twee ander bronne met Republikein gedeel is.
“Gedrag soos daardie is totaal ontoelaatbaar. In sommige gevalle word die spesiale reserwemag gebruik om geharde misdadigers te deursoek, maar daar is streng voorskrifte waarvolgens dit moet geskied. Mans en vroue mag nie saam deursoek word nie.
“Ek sal bly wees as die bronne na vore kom en hulle inligting met my deel sodat ons dit kan ondersoek,” het Embumbulu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie